Bewaar ons bronne
Bewaar ons bronne

Bewaar ons bronne

Dani Booysen
Groot kommer heers oor die beweerde grootliks onbeheerste plundering van die varswatervisbevolking in riviere wat deel van Namibië se noordoostelike grensgebiede uitmaak.

As land het Namibië reeds op verskeie gebiede ''n rolmodel van goeie bewaringspraktyke geword.

Die situasie wat tot Republikein se leiberig van gister aanleiding gegee het, skets ''n prentjie wat direk hiermee in stryd is. Aansien wat op ander fronte verwerf is, kan in die proses skade berokken word.

Visgetalle het volgens navorsing met 90% verminder. Van die faktore wat hiertoe bygedra het, sluit grootskaalse metodes van visvang, gebrekkige polisiëring­ en groot winste in uitvoermarkte soos die Kongo in.

Benewens vir groter omgewingskwessies soos die druk op visspesies en ekologiese balanse, word hengel as ''n komponent van die toerismebedryf ook negatief beïnvloed.

Al vind die meeste visstropery glo op Zambiese oewers plaas, kan Namibië allermins met hande gevou sit en niks doen nie.

Ja, midde bevolkingstoenames, droogte en armoede moet veel meer monde as tevore gevoed word, maar dit mag nie ten koste van die omgewing gebeur nie. Die ingewikkelde situasie omdat groot rivieroppervlaktes vir wanpraktyke gepatrolleer moet word, kan ook nie onoorkombaar wees nie. Indien meer geld en mannekrag nodig is, sal dit uitgawes wees wat baie makliker as sommige ander gemotiveer kan word.

Namibië en buurlande sal dringend koppe bymekaar moet sit om volhoubare oplossings te vind.



So sê ander

24 Oktober 2016



Die Curriebeker is ná nege jaar terug in die Vrystaat!

Dit was ''n wedstryd vol rekords.

Die Vrystaat-Cheetahs se oorwinning Saterdag was nie onverwags nie. Die merkwaardigste van hierdie prestasie is hóé dit vermag is.

Die Vrystaat het nie een keer uit sy eie kwartgebied geskop nie – en géén lugskoppe begin nie. Dit is waarop Springbokrugby onder Allister Coetzee geskoei is. Ondersteuners het opgemerk dat die Vrystaat se spelpatroon met sy blitsige aangeë en aangeë in kontak baie na aan die All Blacks se patroon geskoei is.

Die Curriebeker-eindstryd was net die eerste bousteen vir ''n Vrystaatspan wat groot droom én mik. Dit is hopelik met die styl van die Leeus die begin van ''n nuwe, moderne styl van rugby wat met Smith as hulpafrigter ook deur die Springbokke ontgin sal word.• VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-10-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 3 Real Valladolid European Championships Qualifying: Leeds United 2 vs 0 Sheffield United English Championship: Leeds United 2 vs 0 Sheffield United Katima Mulilo: 22° | 39° Rundu: 21° | 38° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 16° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:12, High tide: 04:24, Low Tide: 22:40, High tide: 16:38 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:10, High tide: 04:22, Low Tide: 22:38, High tide: 16:36 Walvis Bay: 13° | 21° Wind speed: 43km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:10, High tide: 04:21, Low Tide: 22:38, High tide: 16:35 Rehoboth: 12° | 31° Mariental: 15° | 31° Keetmanshoop: 14° | 31° Aranos: 14° | 32° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 13° | 27° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 15° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 14° | 16° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 25° | 30° Lusaka: 21° | 36° Harare: 17° | 32° #N/A #N/A