Bewaar ons kameelbome
“Op 2 Oktober 2017 laat weet ek die ministerie van landbou, water en bosbou van kameelbome wat uitgekap word en stuur vir hulle hierdie foto’s aan soos hulle gevra het. Op 12 Oktober 2017 laat weet hulle vir my hulle is besig met voorbereidings vir Boomplantdag (13 Oktober). Ek wonder hoekom laat jy 'n boom afkap as dit voorkom kon word. Die foto’s is op ‘n plaas tussen Gochas en Aranos geneem. Bosbou op Mariental het op 16 Oktober vir my gesê hulle het nie 'n kar beskikbaar nie. En so bly die bome maar net val. Sover ek kon vasstel, is daar nie ‘n permit uitgereik om die bome te verwyder nie.”
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie