Bewapen onderwysers, sê Trump
Pres. Donald Trump van Amerika het opnuut gewys hoe uit voeling hy met oorlewendes van die skoolskietery in Florida is.
Ischke De Jager
Gewapende onderwysers kan 'n skietery by skole voorkom, is pres. Donald Trump van Amerika se voorstel.
Daar is hernieude druk op hom geplaas oor die land se wapenwet nadat 17 mense op 14 Februarie by die Marjory Stoneman Douglas Hoërskool in Parkland in die deelstaat Florida doodgeskiet is.
'n Personeellid met 'n vuurwapen kan 'n aanval “baie vinnig” beëindig, sê Trump.
Hy het die voorstel gemaak toe emosionele oorlewendes van die skietery hom gesmeek het om te verseker dat so iets nooit weer gebeur nie, berig die BBC.
Hy beveel ook aan dat daar meer deeglik navorsing gedoen word oor kopers van vuurwapens.
Ander oorlewendes het intussen begin druk uitoefen op wetgewers in Florida oor wapenbeheer.
Trump het ook 'n voorstel beaam wat lank gelede deur die National Rifle Association (NRA), 'n kragtige gewapende drukgroep, voorgestel is.
Hy gaan die voorstel ernstig oorweeg dat onderwysers bewapen moet word.
Volgens Oneindia News word die voorstel van gewapende onderwysers goed ondersteun.
Trump stel voor dat sommige onderwysers opgelei word in die gebruik van vuurwapens as 'n afskrikmiddel.
Luidens 'n berig in The Washington Post stel hy voor dat sowat 20% van die onderwysers in skole gewapen moet wees en dat veterane as gewapende sekuriteitswagte by skole aangestel word.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie