Bewaring eerste vir die grootvoete
L’ELEPHANT SKRYF:
Met verwying na die skrywe onder die opskrif "Uitdaging aan olifantvriende" (9 Julie 2019).
Dis juis wat die probleem is: ons wil wildlopende diere inhok sodat ons kan leef soos ons wil, soos blyk uit die bydrae. Is die boodskap dat ons die olifante sal verdra solank hulle agter “slot en grendel” is?
Diere was voor ons mense (alle variasies van mens) op aarde.
Diere leef vry en beweeg in die wye oop ruimtes.
Sommige beweeg op vasgestelde roetes vir solank hulle al daar is. Moenie hulle roetes blokkeer nie, want dan soek jy mos moeilikheid.
Olifante bly gewoonlik naby waterbronne.
Die reuksin van olifante is iets waaroor die Internet baie het om te lees en ons bewondering te ontlok. Olifante kan ook stemme herken en deur ‘n stem ‘n mens evalueer.
Die olifante se eetgewoontes, as gevolg van hul grootte, maak dat hulle nie in ‘n klein gebied kan bly nie. Olifante eet nie alles wat voorkom nie, hulle eet sekere goed en daarom beweeg hulle oor ‘n groot area.
Die mens verwag die dier moet soos die mens dink. Die mens verwag die dier moet weet wat die mens wil en die dier moet by die mens aanpas of Voortrekker se pad volg.
MENSGEMAAKTE VERSPERRINGS
Die mens beperk die beweging van wilde diere deur heinings, paaie, pale, eletriese heinings, strukture ens. om die mens te pas, nie denkende daaraan dat die diere hierdie vreemde voorwerpe as slegs iets sien wat hulle vrye beweging versper nie.
Lawrence Green het in sy boek Lords of the last frontier geskryf: “Elephants cannot be expected to recognize the new boundaries that have encroached on their ancient domain.”
Dis eerder vir die mens om te gaan sit en dink oor hoe die dier die mens se kontruksies en versperrings ervaar en dan ‘n oplossing te probeer vind sodat die diere kan beweeg in die natuur en om die “versperrings” kan beweeg deur vir die diere ‘n alternatief te bied.
Green skryf ook: “I heard of a German farmer who escaped from an elephant after a severe ordeal. His reservoirs had been smashed again and again. Yet he liked to see the huge creatures on his farm, and he built a special dam on a hillside in the hope that the elephants would come to an agreement with him. It worked.”
KOMPLEKSE DIERE
Ons weet dat olifante komplekse diere is. So groot as wat hulle is, so groot is hul harte vir die res van hul soort. Olifante herken hul ouers en ander familielede; olifante treur wanneer een sterf. Die liefde vir hul kalfies is groot. Hulle troos ander wat stres of seer het. En onthou dat olifante nie vergeet nie.
Olifante kommunikeer intelligent en ons moet hulle nie onderskat nie.
Het die mens al daaraan gedink dat die mens moonlik ‘n reuk laat aan al hierdie konstruksies, wat veroorsaak dat olifante so optree? Dat die mens ‘n reuk het wat maak dat die olifant die mens as bedreiging beskou en dan die mens aanval?
Hoeveel keer word gesê dat ‘n mens nie aan hierdie dier of voëltjie se kleintjie moet raak nie, want dan sal die ma en pa nie die babatjie terugvat nie – dus is dit definitief dat die mens ‘n reuk laat.
Is dit dat die dinge wat die mens oprig wat ‘n reuk laat wat nie natuurlik in die natuur voorkom nie en die olifante laat reageer?
Nou maak elk ‘n stelling: Die een stel die aanwas in die olifantbevolking as 3,3% per jaar; die ander, soos in “Uitdaging aan olifantvriende” praat weer van ‘n “olifantbevolkingsontploffing”, maar volgens die WWF en ander in natuurkringe is olifante op die kommerlys.
Daar sal nie ‘n bevolkingsontploffing wees nie, maar wel ‘n mens-vat-van-die-dier-weg ontploffing.
'N GROTER PRENTJIE
Dis nie net nou en dan wat ‘n sogenaamde “probleemolifant" geskiet word nie. Voeg hierby die olifante (en renosters) wat gedurig deur wilddiewe doodgemaak word vir ivoor en horings.
Vergelyk die totale getalle van olifante oor die wêreld met die totale bevolking van mense oor die wêreld voor ons die woord “ontploffing” gebruik.
Vir nou kan ons nog dankie sê dat ons kinders in ons land nog lewendige olifante kan sien; diere eie aan ons land wat vir nou nie soos die Kaapse leeu en kwagga net prente in boeke is as gevolg van die mens nie. Waar is die olifante van die Knysnabos vandag?
Die hartseer van Voortrekker is die feit dat hy ‘n ou olifant was en vas in sy tradisies. Die vraag bly waarom was hy dan skielik ‘n “probleemdier”? Hoeveel het die huidige paar maer jare tot sy gedrag bygedra en moenie vergeet van ander olifante nie. Olifante is nie stommerik-diere wat net vernietig oor sommer nie.
Was daar regtig iets gedoen vir hom of is daardie “monitoring en waarneming” net leë woorde om die skiet te regverdig? Daar is ‘n groot verskil tussen sê en doen.
Kan iemand onthou of daar voorheen genoem is dat hy ‘n probleem geword het?
Lawrence Green: “And as we draw up beside the riverbed in the late afternoon there is the first elephant herd against the sunset. Dangerous they may be at times, yet it is impossible to feel enmity towards these lovable, intelligent beasts.
"Lions and antelopes are fascinating too, but they can never command such reverent attention. Only the elephant is majestic.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie