Bewaring in die kalklig
Bewaring is die hooftema van die 20ste Namibië Toerisme Ekspo (NTE2018), wat Donderdag amptelik vir die publiek open.
Sowat 20 000 mense het verlede jaar die ekspo besoek.
Die grootste toerisme-gebeurtenis in die land begin reeds vandag met 'n splinternuwe netwerkkonferensie waar kundiges hul insig met rolspelers in die bedryf sal deel.
Kreatiwiteit is deurslaggewend om meer toeriste te lok – nie net wanneer die ekonomie druk nie. Vanjaar val die klem daarom op hoe groot verskil die “klein dingetjies” maak.
Vandag se konferensie sal geopen word deur die adjunk- permanente sekretaris van toerisme, beplanning en administrasie, me. Seimy Christoph-Shidute. Onderwerpe behels dienslewering, toerisme op klein dorpe, digitale toerisme en hoe tegnologie toerisme voortdurend verander.
Die sprekers sluit in mnr. Keith Sproule (Abercrombie & Kent Philanthropy), me. Hazel Milne (Eco Awards Namibia), mnr. Tim Harris (Wesgro), mnr. Lenny Kunga (Visa Sub Sahara Africa), me. Maxi Pia Louis (Nacso) en mnr. Derick Briers (Intouch Interactive Marketing).
Oor die jare het al hoe meer plaaslike en buitelandse uitstallers die ekspo as forum vir bemarking en gesprekvoering begin benut. “Die sukses van die ekspo word aan die kwaliteit van uitstallings gemeet,” sê Maggy Mbako, woordvoerder vir Namibia Media Holdings.
NTE2018, met FNB Namibia en Old Mutual Namibia as hoofborge, vind by die Windhoek-skouterrein plaas. Hou die koerant die res van die week vir hoogtepunte dop.
Volg ook ons Facebook-skakels na regstreekse uitsendings tydens die ekspo-week.
Besoek nte.nmh.com.na vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie