Bewaring van walvisskelet begin
Die skelet van ‘n Bryde-walvis gaan in die Maritieme Museum op Lüderitz uitgestal word.
Tanja Bause - Die bewaring van die skelet van die Bryde-walvis wat verlede Donderdag by Myl 4 op Swakopmund uitgespoel het, het begin.
Die Bryde-walvis is in baie opsigte die mees ongewone vinwalvis. Dié walvisse is in vergelyking met ander vinwalvisse klein en weeg nie meer as 25 ton nie. Vinwalvisse is ná die blouwalvis die tweede grootste dier op aarde.
Volgens mnr. Simon Elwen van die Namibian Dolphin Project (NDP) lyk dit asof die walvis in die see gevrek het nadat sy deur ’n skip getref is.
“Die dier het ’n groot besering opgedoen wat heel moontlik veroorsaak is deur
‘n botsing met ’n skip,” het hy gesê.
“Ons wil die skelet vir verdere navorsing in die toekoms bewaar. Daar is geen skelet van dié spesies in die wêreld beskikbaar nie. Dit sal die eerste volledige een van ’n Bryde-walvis in die wêreld wees en dus is dit belangrik om dit te bewaar."
Volgens hom is die walvis sowat 15 meter lank en weeg tussen 16 en 17 ton.
“Ons is tans besig om soveel bene as moontlik te verwyder. Dit is ’n groot taak omdat die dier besig is om ontbind. Die getye het die dier in die branding rondgerol wat veroorsaak het dat sommige van die bene uitgeval het. Ons hoop ons het al die bene gekry, maar ’n volledige inventaris is nog nie gedoen nie omdat ons steeds van die bene uit die oorblywende vleis probeer kry,” het mnr. Jelly Gelletich, die veldstasietegnikus van die NDP op Walvisbaai, gesê.
“Ons doen ’n beroep op alle inwoners van Swakopmund wat dalk walvisbeenfragmente in die omgewing van Myl 4 optel, om dit by die Nasionale Akwarium in Swakopmund in te gee of om ons te kontak,” het Gelletich gesê.
Sommige bene sal begrawe word sodat ontbinding natuurlik kan plaasvind. Dit sal tussen drie en ses weke duur voordat al die vleis ontbind het. Lede van die NDP en die Maritieme Museum van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne (MFMR) sal die oorblyfsels en ontbindingsproses monitor.
Tydens fase twee sal die bene na spesialiste in die Wes-Kaap in Suid-Afrika gestuur word vir skoonmaak en rekonstruksie. Meer in diepte studies van die dier se skelet sal ook deur kenners gedoen word.
In die laaste fase sal die oorblyfsels weer Namibië toe gestuur word om hier uitgestal te word.
“Ons hoop dat ons teen die tyd volledige wetenskaplike navorsing kon doen wat tot haar storie bydra,” het Gelletich gesê.
“Dit is die opwindende deel, wanneer ons leidrade rakende haar dood, lewensgeskiedenis en selfs kleiner aspekte van die individu self ondersoek, terwyl ons van die nuutste metodes gebruik maak,” het hy gesê.
Hy sê daar lê nog ’n lang pad voor aangesien nou eers met fase een begin is.
“Die Maritieme Museum wat tans op Lüderitz gebou word, het belangstelling in die skelet getoon. Hulle sal ook help met die preservering en skoonmaak van die bene. Dit is duur om die bene te bewaar en te preserveer, en dit sal heel waarskynlik tot drie jaar vat voordat dit uitgestal kan word,” het Gelletich gesê.
Volgens hom is fase een moontlik gemaak deur die ondersteuning van die MFMR, die Maritieme Museum en die Nasionale Akwarium van Namibië. Ook het die Swakopmund-munisipaliteit, Refuse Solutions Swakopmund, Auto Help Namibia en Pupkewitz Mega Build gehelp.
“Daar is baie mense wat hul energie en tyd aan die berging van die bene bestee het. Soos Kennedy, ’n werklose man wat in die DRC informele nedersetting woon. Hy het verbygeloop en onmiddellik ingespring en begin help. Hy het baie van die bene wat weer uitgespoel het, vir ons gebêre,” het Gelletich gesê.
In Augustus 2014 het ‘n vinwalvis laas langs die Namibiese kus uitgespoel.
Bryde-walvisse verkies matige en tropiese waters, in vergelyking met ander vinwalvisse wat ook volop in Poolstreke voorkom. Die vinwalvisse word ook nader aan die kus aangetref en hoewel die diere kenmerkende baardplate het wat gebruik word om baie klein diertjies mee te vang, bestaan vinwalvisse se dieet hoofsaaklik uit vis. Vinwalvisse kom wydverspreid in tropiese en subtropiese waters voor, met ‘n dwergspesie wat in die tropiese waters van die westelike Stille Oseaan en Suidoos-Asië aangetref word. Die walvis is vernoem na Johan Bryde (1858 - 1925) wat vroeg in die 20ste eeu die Sweedse konsul in Suid-Afrika was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie