Bewaringsgebiede, park kry 30 kameelperde
Altesaam 13 langnekke is na die Mangetti Nasionale Park verskuif, drie na die Okongo-bewaringsgebied en 14 na Doro !Nawas.
Francoise Steynberg – Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme in samewerking met die Giraffe Conservation Foundation (GCF) het in Junie 30 kameelperde na twee kommunale bewaringsgebiede en die Mangetti Nasionale Park verskuif.
Met behulp van Du Preez Wild van Otjiwarongo en deur GCF en Wildlife Conservation Alliance gefinansier, is die langnekke in die Waterberg Platopark gevang en na die gebiede verskuif om bevolkingsgetalle daar aan te vul en genetiese diversiteit te verseker.
Altesaam 13 kameelperde is na Mangetti in Kavango-Wes verskuif, drie na die Okongo-bewaringsgebied in die Ohangwenastreek en 14 na die Doro !Nawas-bewaringsgebied in die Kunenestreek.
Doro !Nawas is deur Ultimate Safaris, ’n Namibiese toeroperateur bygestaan wat nou saam met die bewaringsgebied werk.
“Doro !Nawas het onlangs ’n vennootskap met Ultimate Safaris gesluit om ‘n lae impak toerisme-onderneming te ontwikkel. Met voortdurende steun van Ultimate Safaris en GCF, is die bewaringsgebied daaraan toegewy om alle wild en die nuwe kameelperdbevolking te monitor,” lui ‘n verklaring van die ministerie.
“Alle lede van die bewaringsgebied sal ook opleiding aan gidse en gemeenskapslede gee om die kameelperde effektief te monitor.”
“Dit was fantasties om te sien dat meer kameelperde na ons gebied kom. Ek sal verseker die wildwagters sien mooi na hulle om,” het die voorsitter van Doro !Nawas, mnr. Gerson Namiseb, gesê.
Me. Stephanie Fennessy, direkteur van GCF, het gesê in hierdie moeilike tye tydens die Covid-19-pandemie, is dit wonderlik om betrokke te wees en goeie nuus te deel.
“Die bewaring van kameelperde is een van Namibië se suksesverhale en ons is trots daarop om ’n klein rol hierin te speel,” het sy gesê.
Die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, sê die span was opgewonde oor die suksesvolle verskuiwing ná ’n lang beplanningstyd.
“Ons sien uit om die suksesvolle operasie te herhaal en hoop om meer kameelperde in die toekoms na ander kommunale bewaringsgebiede te bring,” het hy gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie