Bewaringsreus ter ruste gelê
Francoise Steynberg - Die pionier van gemeenskapsbewaring in Namibië, Garth Owen-Smith, is verlede Woensdag (6 Mei) op sy geliefde Wêreldsend in die Kunenestreek ter ruste gelê.
Hulde is deur lede van kommunale bewaringsgebiede van Sesfontein en Ehi-Rovipuka volgens hul tradisie aan hul geliefde bewaringsreus gebring wat op 11 April in Windhoek sy stryd teen kanker verloor het.
Die meeste gemeenskapslede was in hul tradisionele klere en coronamaskers geklee, maar baie begrafnisgangers het swart T-hemde gedra met die Owen-Smith se slagspreuk "Maak 'n verskil" op.
Langs sy graf was ook sy lewensmaat, dr. Margaret Jacobsohn, saam met wie hy soveel avonture in meer as drie dekades as pioniers van gemeenskapsbewaring ervaar het.
Jacobsohn en Owen-Smith het die Integrated Rural Development and Conservation (IRDNC) gestig wat gemeenskapsbewaring na ’n hoër vlak geneem het.
Hiervoor het hulle en die gemeenskapsbewaringsmodel vele internasionale omgewingstoekennings verwerf.
Volgens IRDNC het hulle probeer om by die Covid-19-maatreëls te hou deur nie meer as 50 begrafnisgangers toe te laat nie en maskers is ook verskaf.
Verteenwoordigers van die ministerie van die omgewing, bosbou, en toerisme, asook van verskeie bewaringsorganisasies soos onder meer IRDNC, die Namibiese sambreelorganisasie vir gemeenskapsbewaring Nacso, die Namibiese Kamer van die Omgewing (NEC), Save the Rhino Trust (SRT), Tourism Supporting Conservation Trust (Tosco), Conservancy Safari Namibia, Wilderness Safaris en B2 Gold was ook teenwoordig.
Sy seuns, Kyle en Tuareg, en sy kleinseun Garth, wat in Engeland woon, kon weens die Covid-19-inperking nie die begrafnis bywoon nie.
"Baie dankie dat julle my pa 'n laaste rusplek laat vind het waarop hy trots sou wees. Ons waardeer al jul moeite en dit beteken baie vir my en ons hele familie," het Kyle geskryf.
Op Owen-Smith se kis was sy verweerde velskoene.
‘n Eenvoudige houtkruis is die stille getuie van sy groot nalatenskap: “Garth het die planeet ‘n beter plek gemaak”.
Sy geliefde Wêreldsend het hom teen sononder met 'n asemrowende sonsondergang gegroet.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie