Beweerde aanrander vry op borg

Jeanette Diergaardt
Jeanette Diergaardt – Mnr. Samuel Shikale, wat na bewering ’n vroulike winkelassistent Sondag by Pick n Pay Mega Centre in Klein Kuppe aangerand het, is gister op borgtog van N$3 000 vrygelaat.

Shikale is gister by ’n huis in Cimbebasia in hegtenis geneem nadat die polisie ’n soekveldtog na hom van stapel gestuur het.

Hy het ook gister sy eerste verskyning in die Windhoek-landdroshof voor landdros Alweendo Venatius gemaak.

Shikale is aangekla van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Die saak is tot 2 September vir verdere ondersoek uitgestel.

Die beskuldigde se borgtogvoorwaardes behels dat hy een keer ’n week by Windhoek-polisiekantoor moet aanmeld. Die beskuldigde mag nie die land verlaat sonder toestemming van die ondersoekbeampte nie, asook nie van blyplek verander nie.

Mnr. Bradley Basson het die beskuldigde verteenwoordig en mnr. Tatelo Lusepani verskyn vir die staat.

Die saak spruit voort uit die aanranding van ’n winkelassistent wat opslae in sosiale media veroorsaak het.

Dit het gelei tot ’n mediaverklaring waarin deur die besturende direkteur van Pick n Pay, mnr. Graeme Mouton, gesê het: “Dié barbaarse voorval is ontsettend ontstellend. In ’n land waar geslagsgeweld aan die orde van die dag is, kan ons nie hierdie tipe gedrag goedpraat nie.”

In die verklaring bied Mouton verskoning aan die winkelassistent aan oor wat met haar gebeur het, asook aan die publiek en werknemers van Pick n Pay wat die voorval moes aanskou.

Volgens Mouton is traumaberading gereël vir die winkelassistent en die werknemers wat die voorval beleef het.

Die beskuldigde en sy vroulike metgesel is in alle Pick n Pay-winkels verban.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!