Beweerde aanvallers van plaasvrou in hof
Henriette Lamprecht - Drie van die vier mans wat na bewering betrokke was by die aanranding en roof van ’n bejaarde vrou in die suide van die land, het hul eerste verskyning in die hof gemaak.
Die vierde verdagte sterk in die Windhoek Sentrale Hospitaal in die hoofstad aan.
Mnre. Jan Topnaar (35), Cornelius Nakom en Stanley Arent het Vrydag in die landdroshof op Gobabis verskyn op aanklagte van roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die 33-jarige mnr. Hennie Bok sterk ná ’n skietwond in die maag in die hospitaal aan.
Die vier mans word daarvan beskuldig dat hulle die 79-jarige me. Hendrina Johanna (Drienie) Osborn van die plaas Excelsior in die Leonardville-omgewing oorval en wreed aangerand het. Kontant en ’n pistool is deur die verdagtes gebuit.
Die drie mans, wat Vrydag in die hof verskyn het, is borgtog geweier en bly tot hul volgende verskyning op 11 November agter tralies.
Intussen het die Namibiese Landbou-unie (NAU) by monde van sy president, mnr. Ryno van der Merwe, sy skok oor die aanval uitgespreek. Die unie sê in ’n mediaverklaring dit is duidelik dat veral weerlose mense deur gewetenlose misdadigers geteiken word en dat geweld en mishandeling deel van hul aanvalle is.
“Die NAU veroordeel dié tipe dade ten sterkte.”
Volgens die unie is die plaasgemeenskap ’n integrale deel van die ontwikkeling van landelike gebiede. Dit het voorts ’n versoek aan wetstoepassingsagentskappe gerig om die betrokke misdadigers swaar te straf.
Die unie het ook versoek dat geen borgtog aan die verdagtes toegestaan word nie.
“Die NAU rig voorts ’n versoek dat wetstoepassingsagentskappe “die beskerming van lewens en eiendom in landelike gebiede ’n prioriteit maak”.
Die misdaadvoorkomingsforums in die omgewing van Nina, Leonardville en Blumfelde, sowel as die polisie se vinnige optrede en samewerking om die aanvallers vas te keer, word in die verklaring lof toegeswaai.
Die unie het laastens gemaan president Hage Geingob se droom van ’n Namibiese huis waarvan elkeen deel is en waarin elkeen veilig moet voel, word ondermyn deur “gewetenlose aanvalle op weerlose boere”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie