Beweerde bedrog pootjie Liberiese verkiesing
Liberiese burgers sal moet wag op 'n hofbeslissing voordat hulle vir die tweede en finale ronde presidentsverkiesing stembus toe kan gaan.
Liberië se hooggeregshof het halt gemaak met voorbereidings vir volgende week se tweede rond presidentsverkiesings tussen die voormalige sokkerster George Weah en visepresident Joseph Boakai.
Die hof vra tyd om ‘n klagte van bedrog te oorweeg, wat aanhangig gemaak is deur een van die kandidate wat nie die paal gehaal het nie.
Die besluit het verdere twyfel laat ontstaan oor die eerste verkiesingsronde wat op 10 Oktober plaasgevind het. Partye aan die verloorkant sê daar was vuilspel by stembusse en op die hoogste regeringsvlak.
Die hofbevel kan daartoe lei dat die tweede ronde verkiesings uitgestel word wat vir 7 November geskeduleer is om ‘n opvolger vir pres. Ellen Johnson Sirleaf te vind. Johnson Sirleaf, ‘n wenner van die Nobelprys vir vrede, was die land se eerste demokraties verkose leier sedert ‘n 14 jaar lange burgeroorlog in 2003 geëindig het.
In die hofbevel is die Liberty Party van Charles Brumskine, wat die derde plek in die verkiesing behaal het en die bedrogklag ingedien het, asook die Nasionale Verkiesingskommissie opdrag gegee om teen gister hofstukke in te dien.
Die regerende Unity Party van Boakai het vandeesweek aangekondig dat dit die regsuitdaging steun. Die party beskuldig Johnson Sirleaf - een van sy eie lede - daarvan dat sy met die verkiesing ingemeng het deur private vergaderings met verkiesingslanddroste te hou.
Johnson Sirleaf ontken dat die vergaderings onvanpas was. Verkiesingswaarnemers van die Europese Unie en die Carter-sentrum sê hulle het geen groot probleme met die eerste verkiesingsronde opgemerk nie.
Die hooggeregshof se besluit is ‘n voorbeeld van ‘n toenemende sterk rol wat sommige regsbanke in Afrika speel om toesig oor verkiesings te hou en seker te maak dat dit vry en regverdig is.
Kenia se hooggeregshof het die uitslae van die presidentsverkiesing in Augustus ongeldig verklaar.
Die president van Togo, Faure Gnassingbe, wat ook die voorsitter van Wes-Afrika se streeksliggaam, Ecowas, is, en Guinee se pres. Alpha Conde, ook die voorsitter van die Afrika-unie, het Woensdag in die hoofstad, Monrovia, aangekom.
“Daar was sommige klagtes, sommige uitdagings. Daardie prosesse duur binne die raamwerk van die wet voort,” het Johnson Sirleaf op ‘n nuuskonferensie gesê waar sy deur Gnassingbe, Conde, Weah, Boakai en drie ander kandidate vergesel was. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie