Beweerde belastingbedrog: 19 in hof
Twee Namibiese burgers en 17 Angolese burgers het Maandag in die landdroshof in Windhoek in verband met 'n vermeende omvangryke belastingbedrogskema verskyn.
Jacqueline Louw - Negentien beskuldigdes in 'n bedrogsaak wat meer as N$114 miljoen beloop, het Maandag 'n verskyning in die landdroshof in Windhoek voor landdros Alweendo Venatius gemaak.
Die 19 staan tereg op klagte van bedrog en vervalsing.
Die eerste beskuldigde in die saak is Joshua Kaviyu Hidinwa (43), 'n Namibiese burger en dosent aan die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust). Hy word beskuldig van sameswering met die ander 18 beskuldigdes om bedrog te pleeg, vervalsing en om valse geld in omloop te bring.
Volgens die klagstaat het Hidinwa, as agent van die maatskappy Avashe Consultancy of die ministerie van finansies, tussen 1 Januarie 2014 en 1 Desember 2015 onwettiglik belastingfakture, BTW-eisvorms en Namibiese doeanedokumentasie gebruik wat valslik verklaar het dat goedere in Namibië gekoop en uitgevoer is.
Ten opsigte van die bedrogsaak beweer die staat dat al die beskuldigdes bedrog teenoor Avashe Consultancy, die bestuurder van die ministerie van finansies se BTW-terugbetalingstelsel, gepleeg het deur valse dokumente te gebruik met die doel om BTW-terugbetalings van meer as N$114 miljoen vir eie gewin te verkry.
Die beskuldigdes wat Maandag saam met Hidinwa in die hof verskyn het, is die Namibiese burger Mamsy Nuuyoma en Angolese burgers Lukau Nestor, Benvindo Momafuba, Pembele Zimutu, Paulo Kiala, Joaquim Pedro Espanhol, Joao Dos Santos, Tatiana Gonga, Carlos Eliseu, Isaac Cupessala, Americo Paquete, Eugenio Gourgel, Malakias Rufine, Paulino Natal, Carlos Tchinduku, Aurelio Miapa, Lucio Cazembe en Noah Naukosho.
Elf van die beskuldigdes is reeds uit op borgtog terwyl Espanhol, Dos Santos, Eliseu, Paquete, Rufine, Natal, Tchinduku en Miapa steeds in aanhouding is.
Die polisieondersoeke na die saak is voltooi en die verhoor is tot 21 Junie uitgestel vir die beskuldigdes om te pleit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie