Beweerde bendeverkragters in hof
Die twee mans word daarvan beskuldig dat hulle ’n 15-jarige meisie verkrag het.
Die twee mans wat in die informele nedersetting Gainachas in die ||Kharasstreek in hegtenis geneem is vir die verkragting van ’n 15-jarige meisie, het Maandag hul eerste hofverskyning gemaak en is borgtog geweier.
Mnre. Jacob Swartbooi (27) en Adam Baisako (21) het voor landdros Uchen Konjore verskyn, wat die saak tot 11 Februarie uitgestel het vir verdere ondersoek en om vir Swartbooi tyd te gee om regshulp te kry.
Tydens die hofverrigtinge het Swartbooi gesê hy wil om regshulp aansoek doen en Baisako het aangedui dat hy homself sal verteenwoordig.
Die twee verdagtes het Saterdag na bewering die meisie na ’n rivierbed gesleep, haar hande met ’n T-hemp vasgebind en ’n hemp in haar mond gestop voordat hul beurte gemaak het om haar te verkrag.
Staatsaanklaer Coleen Yisa het die hof ingelig dat die staat borgtog teenstaan gegrond op die vrees dat die verdagtes met die slagoffer en staatsgetuies sal inmeng.
Yisa het ook aangevoer dat dit nie in die publiek se belang sal wees om die mans op borgtog vry te laat nie.
Swartbooi en Baisako sal by die aanhoudingselle op Tses in aanhouding bly tot hulle weer in die hof verskyn.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie