Beweerde brandstigting ná rusie
'n Swanger vrou en ma van drie kinders beweer haar kêrel het ná 'n rusie haar huis afgebrand.
Tuyeimo Haidula op Onambiba – Me. Olivia Mulongeni, wat agt maande swanger is, en haar vierjarige dogter het 'n aanval van haar gewelddadige kêrel oorleef en pleit nou om hulp om haar huis te herbou.
Mnr. Johannes Simon (28) het na bewering Woensdagaand in Onambiba in die Omatando-nedersetting op Ongwediva, ná 'n rusie met Mulongeni, haar huis afgebrand.
Hy het van die toneel gevlug en is Donderdag in hegtenis geneem. Hy het Vrydag op 'n klag van brandstigting in die landdroshof op Oshakati verskyn. Sy saak is tot 'n onbepaalde datum uitgestel.
Die Oshanastreek se polisiewoordvoerder, insp. Thomas Aiyambo, het gesê Simon het met sy vriende in 'n cuca-winkel baklei. Mulongeni is daarvan ingelig en sy het vir Simon gaan haal om saam met haar huis toe te gaan.
Volgens Aiyambo het 'n rusie by die huis ontstaan waarna Mulongeni na die bure gehardloop het. Sy is later in kennis gestel dat haar huis aan die brand is.
Mulongeni het Vrydag aan ons susterkoerant, Namibian Sun, gesê haar kêrel mishandel haar al vir drie jaar.
Volgens haar het die kleinste oortreding van sy reëls gewoonlik tot mishandeling gelei. Op hierdie spesifieke dag het Simon in woede uitgebars, omdat sy geweier het om te luister waarom hy by die cuca-winkel baklei het.
“Ek het vir hom gesê ek wil nie na stories luister nie. Voordat ek my sin kon voltooi, het hy my aan my nek gegryp en ons het begin stoei terwyl die kind toekyk,” het sy gesê.
Mulongeni het gesê sy het swak begin voel en haar dogter gevra om te hardloop en hulp te gaan soek.
“Ek kon daarin slaag om hom te oorrompel, omdat hy dronk was en ek het agter my kind aangehardloop. Hy het agter ons aangehardloop en weer probeer om my aan te val. Die bure het hom gekeer. Ek het vir hulle gesê om hom vas te hou terwyl ons vir veiligheid na my broer se kroeg gaan,” het sy vertel.
Voordat Mulongeni se broer by haar huis kon uitkom, het die buurman haar glo gebel en gesê haar huis is aan die brand.
'GESUKKEL OM WEG TE KOM'
Mulongeni vertel sy het lank verskonings vir Simon gemaak en het probeer konsentreer op die positiewe aspekte van die verhouding – die kere wat hy na haar omgesien het en vriendelik en sjarmant was; die kere toe hy haar na plekke sou vat of dinge in die huis regmaak.
Dit was moeiliker om te ignoreer toe die geweld begin het. Sy het gesê hul argumente het in Januarie 2020 heftig begin raak. Sy was toe nog nie swanger nie en het besluit om hom te los.
“Die ouers het my oortuig dat hy miskien net jaloers geraak het en ek moet hom nog 'n kans gee en ek het.
“Die tweede keer wat hy my geslaan het, was ek ses maande swanger. Ons het vir versoening na sy pa se huis gegaan en het met die verhouding voortgegaan.
“Op daardie tydstip het ek geweet ek wil loop. My ouers het ook vir my gesê hierdie man sal my nog eendag doodmaak. Ek het net gesukkel om weg te kom,” het sy gesê.
HULP NODIG
Mulongeni, 'n ma van drie kinders, is in armoede gelaat en bly tans by haar broer. Sy het hulp nodig om haar huis te herbou en na haar erf terug te keer.
Haar dubbelbed, enkelbed, kombuiskaste, klere, tasse, toebehore, gas, identiteitsdokumente en klerekaste is alles in die brand vernietig.
Mulongeni het met 'n blou linkeroog en beseerde linkerarm gesê: “Ek is beter af so. Jy moes my twee dae gelede gesien het. Ek is net bly ek lewe nog.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie