Beweerde roofbende bly in aanhouding
Beweerde roofbende bly in aanhouding

Beweerde roofbende bly in aanhouding

Die hofsaak is tot 2 November uitgestel waartydens die verdagtes vir borgtog aansoek kan doen.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Vyf verdagtes wat die afgelope naweek in hegtenis geneem is in verband met sowat nege rooftogte in en om die hoofstad, het Maandag hul eerste verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak.

Die verdagtes, mnre. Dennis Hamukwaya, Gabriel Amutenya, Shilongo Kambwa, Amwaama Ananias en Gideon Nanguti, het hulself die “Panga-groep” genoem omdat hulle tydens hul verskeie rooftogte mense met pangas gedreig het.

Die staat het borgtog teengestaan. Die vyf verdagtes sal in aanhouding bly tot hulle op 2 November formeel om borgtog aansoek kan doen.

Landdros Ivan Gawanab het die saak vir verdere polisieondersoek uitgestel.

“Dit is steeds vroeg in die ondersoek en die hof vrees dat die verdagtes met die ondersoek sal inmeng indien hulle op borgtog vrygelaat word,” het Gawanab gesê.

Hoewel die woordvoerder van die polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, Sondag gesê het die polisie het sewe verdagtes in hegtenis geneem, het slegs vyf Maandag in die hof verskyn.

Shikwambi het teen gistermiddag nog nie op navrae hieroor gereageer nie.

ROOFTOGTE

Die verneemde panga-bende is volgens ’n polisieverslag verantwoordelik vir drie rooftogte in Windhoek, een in Wanaheda en vermoedelik vyf ander gewapende rooftogte in die Windhoek-omgewing.

Die polisie het beslag op ’n silwer Honda Fit-sedanvoertuig gelê wat glo inwoners van die Windhoek-Noord-omgewing die afgelope tyd herhaaldelik geteister het.

Tydens hul inhegtenisneming was twee gesteelde selfone ook in hul besit gevind.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!