Beweerde verkragters wag op uitspraak
Beweerde verkragters wag op uitspraak

Beweerde verkragters wag op uitspraak

Uitgestel tot 12 November
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die drie mans wat na bewering in die vroeë oggendure van 6 Maart 2016 ’n vrou met ’n mes en panga gedreig en haar vasgedruk het terwyl beurte gemaak is om haar te verkrag, is vandag (Vrydag) in die hoërhof in Windhoek ingelig dat uitspraak op 12 November sal geskied.
Die mans staan tereg op klagte van verkragting, diefstal en aanranding.
Kingsley Balzer en Fritz Naobeb was 15 jaar oud tydens die beweerde verkragting en Norman Witbeen was 19.
Die voorval het in die Damara Block informele nedersetting in Gobabis plaasgevind.
Die klaer het tydens die verhoor getuig dat sy op pad huis toe was nadat sy saam met vriende gekuier het, toe die drie mans haar met ’n mes en panga genader het. Hulle het glo gedreig om haar dood te maak as sy nie seksuele omgang met hulle sou hê nie.
Hulle het na bewering ook haar selfoon gesteel.

GLO KONSENSUEEL
Die mans het aan die begin van hul verhoor onskuldig gepleit.
Balzer se regsverteenwoordiger van Legal Aid, mnr. Giant Kauari, het tydens die verhoor gesê dit was die klaer wat die seksuele omgang geïnisieer het.
Witbeen se regsverteenwoordiger, mnr. Jermaine Muchali, het selfs so ver gegaan as om te sê dat die klaer die een is wat gearresteer moet word omdat sy seksuele omgang met minderjariges gehad het.
Kauari het tydens die verhoor aangevoer dat die klaer nie een keer tydens die sowat vier kilometer wat hulle gestap het iemand om hulp gevra nie.
Volgens hom was sy glo die een wat ’n kombers by haar huis gaan haal het en het sy glo vir Witbeen gevra vir sy baadjie om dit as ’n kussing te gebruik gedurende die seksuele omgang.
Mnr. Milton Engelbrecht, Noabeb se verteenwoordiger, het in die hof beweer dat die klaer gewilliglik saam die drie mans geloop het, hoewel haar vriende vir haar gesê het dat hulle haar huis toe sal neem.
Engelbrecht het aangevoer die aanklaers het nie voldoende bewys dat die seks nie konsensueel was nie en dat die verdagtes daarom die voordeel van die twyfel moet ontvang.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!