Bewerige Merkel ly glo aan ‘neurologiese probleem’
Intelligensie-agentskappe wêreldwyd probeer die mediese verslae van Angela Merkel, Duitse kanselier, in die hande kry om agter die kap van die byl te kom oor hoekom sy die bewerasies kry.
Die Nieu-Seelandse Stuff berig die bewerings is gemaak terwyl Merkel die G20-beraad saam met ander wêreldleiers in Osaka, Japan, bygewoon het.
Merkel het Donderdag in Berlyn vir die tweede keer in twee weke in die openbaar begin bewe en skud.
Sy het die eerste aanval toegeskryf aan dehidrasie, maar dié keer was sy binnenshuis en die temperatuur was koel.
Die week tevore het haar hele lyf onbedaarlik geskud toe sy in Berlyn op ’n militêre parade langs pres. Wolodimir Zelenski van die Oekraïne gestaan het.
Een van die intelligensie-agentskappe meen sy het ’n neurologiese probleem, berig The Times.
“Ek het niks spesifieks om te meld nie, maar dit gaan goed met my,” het sy gesê nadat sy Donderdag haar arms vasgeklem het toe sy weer op ’n amptelike seremonie in Berlyn gebewe het.
Merkel se mediese span het gesê die tweede aanval het plaasgevind juis omdat sy gevrees het dat dit weer sou gebeur.
Hulle het aan die Stuttgarter Zeitung gesê: “Daar is niks om oor bekommerd te wees nie. Dis ’n sielkundige proses.”
Volgens die Express het die Duitse poniekoerant Bild ook Sondag berig dat ’n Westerse intelligensie-agentskap vasgestel het dat sy ’n neurologiese probleem het.
Merkel se termyn as kanselier eindig in 2021. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie