'Beweringe teen rJSC ongegrond'
'Beweringe teen rJSC ongegrond'

'Beweringe teen JSC ongegrond'

Augetto Graig
Die woordvoerder van die regbank, mnr. Ockert Jansen, sê die bewerings teen die Regsdienskommissie (JSC) is ongegrond.

Die bewerings spruit uit die aanstellingsproses vir 'n nuwe aanklaer-generaal (AG).

Jansen sê die bewerings dat die aanstellingsproses met korrupsie besmet is, is dalk die ernstigste aantyging.

Hoewel die publiek die reg het om hul misnoeë oor openbare instellings te kenne te gee, moet kriminele klagte teen 'n grondwetlike liggaam op feite geskoei wees, sê hy.

“Die JSC verwerp die ongegronde aantygings en hou koers om aan sy grondwetlike mandaat to voldoen,” sê Jansen.

Hy sê dit is onnodig om weer te verduidelik hoekom onderhoude in die aansoekproses nie in die openbaar gehou word nie, maar het uitgebrei oor die verandering van die posvereistes.

Ná die eerste advertensie vir die pos het verskeie belanghebbers beswaar gemaak teen die vereiste 15 jaar se ondervinding wat moontlike ­kandidate sou uitsluit. “Om dié rede het die JSC, ná ­noukeurige oorweging, die 15 jaar tot 10 jaar verminder,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!