Bewoners van rivierbedding verskuif
Maria Eiseb
Die Windhoekse munisipaliteit gaan inwoners van die informele nedersetting waar 'n ma en haar seuntjie hul lewens as gevolg van 'n kitsvloed verloor het, verskuif.
Me. Saima Thomas en haar driejarige seun Jason is vroeër vandeesweek deur dié kitsvloed meegesleur.
Volgens die munisipaliteit se uitvoerende beampte, mnr. Robert Kahimise, sal inwoners wat sinkhuise in die bedding opgeslaan het, na die Havana- informele nedersetting verskuif word.
Die munisipaliteit het ook blyplek aan Thomas se man, mnr. Nehemia Shindinge (30), en die egpaar se dae oue baba verskaf.
Kahimise het gesê die munisipaliteit sal alles in sy vermoë doen om soortgelyke rampe te voorkom en om lewens te red en eiendomme te beskerm.
“Daar is egter nie veel wat die munisipaliteit kan doen as inwoners hulle in rivierbeddings vestig wat gewoonlik onbewoonbaar is en tot vloede geneig is nie,” het hy gewaarsku.
Hy het gesê mense moenie sinkhuise voor die voet op enige plek oprig nie.
Volgens hom is dit net die munisipaliteit wat by magte is om erwe toe te ken.
Diegene wat sonder meer nuwe sinkhuise oprig, “sal met die wet te doen kry”, het hy gewaarsku.
“As mense hoor die munisipaliteit het mense verskuif wat in gevaar was, word daar oornag eenvoudig meer huise in dieselfde area opgerig. Die stadspolisie en die Namibiese polisie sal egter die wet moet toepas,” het Kahimise gesê.
Volgens hom gaan die munisipaliteit rivierbeddings opruim om te verseker riviere se natuurlike vloei word nie belemmer nie en ook om verdere lewensverlies te voorkom.
Intussen het die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) die blaam vir die “hartseer situasie” voor die regering se deur gelê.
Die AR het by monde van mnr. George Kambala die regering daarvan beskuldig dat hy meer begaan is oor wins as oor mense se regte en waardigheid.
“Die regering het nou toegelaat dat armes in die naam van behuising sterf. Dit wys hoe diep die kanker van gierigheid en kapitalisme die gedagtes van dié oorgeneem het wat ons leiers noem,” het Kambala gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie