Bezos u2018u2019n biljoenu00ear teen 2030u2019
Bezos u2018u2019n biljoenu00ear teen 2030u2019

Bezos ‘’n biljoenêr teen 2030’

Die wêreld se rykste mense besit saam ’n fortuin van sowat $63 500 miljard en behoort teen 2025 die $100 000 miljard-vlak te oorskry.

Dit is volgens navorsing wat RS Components gedoen het deur historiese inligting van Bloomberg te ontleed.

Luidens hul verslag, genaamd The Four Comma Club, behoort Jeff Bezos, uitvoerende hoof van Amazon, die eerste biljoenêr, oftewel iemand met ’n welvaart van $1 000 miljard, te word.

Hulle voorspel dat hy dié mylpaal oor 12 jaar, in September 2030 wanneer hy 66 jaar oud gaan wees, gaan bereik.

Die jongste entrepreneur wat volgens hulle dié mylpaal gaan bereik is Yang Huiyan, adjunkvoorsitter van Country Garden, ’n eiendomsontwikkelaar in China.

RS Components voorspel sy gaan die mylpaal in Julie 2036, wanneer sy 54 jaar oud gaan wees, bereik.

Die oudste sakeman gaan Aleksei Mordashof wees, ’n aandeelhouer in die Russiese myn- en staalmaatskappy Severstal. Mordashof bereik in Augustus 2055 die rype ouderdom van 89 jaar.

Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, gaan moet vasbyt tot November 2050 voordat hy deel van dié klub gaan word. Hy sal dan 78 jaar oud wees.

Nóg ’n bekende, Facebook se Mark Zuckerberg, gaan – ongeag omstredenheid oor die sosialemediaplatform, die mylpaal teen Desember 2044, wanneer hy 60 jaar oud is, bereik.

– Fin24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!