Bhoetan lyk soos 'n plek met rigting
Bhoetan lyk soos 'n plek met rigting

Bhoetan lyk soos 'n plek met rigting

Catherine Sasman
Aangesien ons die laaste Afrikastaat is wat onafhanklikheid van buitelandse gesag gekry het, het ek gedink ons sou die beste van die beste voorbeelde in die wêreld wou volg.

Met ons klein bevolking en genoeg ruimte vir almal het groot skynbaar onoplosbare probleme wat ander lande herhaaldelik tref, soos 'n lugspieëling gelyk wat nooit met ons sal gebeur nie.

Nie hier by óns nie, het ek altyd gedink.

Ja, ons is onwettig deur Suid-Afrika beset. Ja, daar was apartheid en ongelykheid. Ja, daar was oorlog.

Wat ons aan die gang gehou het, was die hoop op 'n beter toekoms ná onafhanklikwording.

Die swaar las van enige onreg wat aan ons gedoen is, het ons gedink, sal uitgestryk word, en dan gaan ons almal saamwerk om dié land in die land van melk en heuning te omskep.

Ek was heel duidelik te jonk en oningelig om te besef dit sou nie so glad verloop nie.

Ek het nie gedink ons sou só geheel en al verswelg word deur korrupsie, moord en doodslag, géén verantwoordbaarheid, onregverdigheid, diskriminasie, armoede en hopeloosheid nie.

Ons staatskas is leeg; baie van ons jeug is doelloos en onvoorbereid vir daadwerklike deelname aan die land se ekonomie en politiek; vroue en kinders is prooi vir gewetenlose karakters; as jy nie 'n been to is nie, word jy as vyand beskou.

Daarom dink ek moet ons begin kyk na dít wat goed is in ander lande en dit naboots om uit die moeras van moedeloosheid te kom.

Een verskynsel wat ek dink 'n omwenteling – ten minste in ons gesindheid – kan meebring, is Bhoetan se bruto binnelandse geluksindeks (of BBG).

Dié klein bergagtige landjie met sy sowat 800 000 landsburgers is hoofsaaklik bekend vir sy enigste uitvoerproduk, die BBG, of in Engels, die Gross Domestic Happiness (GDP)-indeks, in plaas van sy bruto binnelandse produk (BBP), of die Engelse Gross Domestic Product (GBP).

Die pilare waarop dít gebou is, is volhoubare en gelyke ontwikkeling; omgewingsbewaring; bewaring en bevordering van plaaslike kulture; goeie openbare bestuur.

Soos die BBP jaarliks gemeet word, meet Bhoetan sy BBG.

Daarvoor word gekyk na persoonlike en sielkundige welstand, gesondheid, hoe produktief en gesond mense hul tyd gebruik, onderwys, kulturele diversiteit en stabiliteit, goeie openbare en private bestuur, die lewenskragtigheid van gemeen­skappe, ekologiese diversiteit en stabiliteit, en die nasie se lewenstandaard.

Elk van dié areas word gelyk opgeweeg: die een is nie belangriker as die ander nie, en saam vorm dit 'n omvattende prentjie van die liggaamlike, maatskaplike en emosionele welstand van die nasie, sowel as van die omgewing wat die nasie moet onderhou.

Bhoetan het nie altyd 'n gelukkige geskiedenis gehad nie. Daar was etniese suiwering en uitsettings van nie-Boeddhiste en al die euwels wat daarmee gepaard gaan.

Maar enige nasie, hoe problematies sy geskiedenis ook al mag wees, moet iewers 'n nuwe begin maak.

Só 'n begin, volgens my, is om volle verantwoordelikheid vir jou huidige en toekomstige optrede te neem en om op die straight and narrow te beweeg.

Bhoetan, klink dit my, weet waarheen hy op pad is.

Ek lei af uit sy BBG dit is 'n land wat volle verantwoordelikheid vir alle aspekte van sy mense en sake neem en sy kultuur omarm en koester.

En dít maak dat die ou klein landjie wat tussen reusagtige Indië en China lê sy eie baan onverskrokke kan volg terwyl die winde van “modernisering” en “globalisering” baie Afrikalande laat knetter en faal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!