‘Bid vir klein Mandela’
Die ||Kharas-goewerneur was Lüderitz toe om haar meegevoel met die pa te deel.
“Bid vir ’n teken waar ons die seun kan kry,” is die goewerneur van die ||Kharasstreek se aanmoediging aan die Namibiese nasie.
Me. Aletta Fredericks het Vrydag mnr. Nelson Mandela Nakale op Lüderitz gaan besoek om haar boodskap van vertroue op die Here se genade en dapper wees, tuis te bring.
Nakale se driejarige seun Mandela Nakale word sedert 28 Desember vermis.
“Sy het my versoek om dapper te wees en te bid dat ons my seun kan vind. Die gemeenskapslede is steeds besig om die gras te sny waar hy laas gesien is.
“Ek mag die naweek Keetmanshoop toe reis om my familie te gaan sien. Om alleen hier te wees, is nie goed nie,” het Nakale gesê.
“Ja, ek het steeds hoop dat hy lewe,” het die pa aan Republikein bevestig.
Die kusdorp se gemeenskap bly vasbeslote om nie bes te gee in die soektog na klein Mandela nie. Die naweek was gemeenskapslede besig om die gebied om die WestCo mynboustoorgebou te ontbos, met gebruik van ’n industriële snyer geskenk deur ’n plaaslike sakefiguur.
Volgens Nampol se hoofinspekteur Theodore Kotungondo bly inwoners van die dorp en sy Area 7 en NHE nedersettings gewillig en behulpsaam gedurende die soektog, en werk hulle saam met polisiebeamptes op voetsoolvlak om ook te verseker geen leidrade word bederf nie.
Namport het laas week met bote en vaardighede die polisie gehelp om die soektog op see tot 20 km noord van Lüderitz uit te brei. Later het die mynmaatskappy Namdeb ook ingespring om die soektog binne die afgesperde diamantgebied suid en oos van die dorp voort te sit, sê Kotungondo.
“Ons het geen sukses op see of op land behaal nie. Die vermiste persoon is nog nie gevind nie en die soektog duur voort. Alles moontlik word gedoen en almal gee hul insette,” het hy bygevoeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie