Bidcorp koop Spaanse voedselgroep
Die Suid-Afrikaans genoteerde voedselmaatskappy Bidcorp het 90% van die Spaanse voedseldienstegroep Guzman Gastronomia and Cuttings gekoop.
Bidcorp is die internasionale voedselafdeling van Bidvest wat in 2016 ontbondel en afsonderlik op die JSE genoteer is.
Bidcorp het nie bekendgemaak wat hy vir die belang betaal nie.
Die maatskappy het in Februarie gesê hy het US$1,2 miljard vir verkrygings beskikbaar om buite Suid-Afrika uit te brei.
Guzman is ’n voedseldienstemaatskappy wat aan hotelle, restaurante, en nywerhede voedseldienste lewer.
Die Spaanse maatskappy se inkomste gaan na verwagting vanjaar US$106,6 miljoen beloop.
Bidcorp sê die mark het groeipotensiaal want die ekonomie gaan verbeter en die toerismebedryf gaan uitbrei.
Die belang is van Miura Private Equity en Guzman se bestuur gekry. Guzman se bestuur hou 10%. Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie