Biden se taak reusagtig
Biden se taak reusagtig

Biden se taak reusagtig

Ronelle Rademeyer
Joe Biden is gisteraand (Namibiese tyd) as die 46ste president van die VSA ingehuldig in ’n stad wat homself moes pantser teen sy eie landgenote, en te midde van ’n pandemie wat al meer as 400 000 Amerikaners se lewe geëis en miljoene in armoede gedompel het.

Sy taak is reusagtig: Hy moet die nasie uit die doodskaduwee van Covid-19 lei, die ekonomie van die ventilator afkry en Amerika se beeld herstel wat op die wêreldverhoog aan skerwe lê.

Daarbenewens moet hy ’n verdeelde Amerika onder hierdie uiters moeilike omstandighede verenig.

Die ekonomiese hulpverleningsplan wat hy verlede week aangekondig het, behoort beter resultate te lewer as Amerika se noodplan die 2008 finansiële krisis toe min aandag aan die onmiddellike behoeftes van sukkelende Amerikaners gegee is.

Biden wil US$1,9 triljoen se geleende geld in die ekonomie pomp – baie daarvan as federale hulp vir gesondheidsorg, as teenvoeter vir werkloosheid en om openbare skole weer aan die gang te kry.

’n Groot deel van sy plan is noukeurig op die pandemie en sy ekonomiese gevolg gerig: Ent mense in, stuur die kinders terug skool toe en kry hulle ouers aan die werk.

Federale hulp is die suurstof en medikasie wat die ekonomie uit die waakeenheid sal kry.

Wat sy taak gaan bemoeilik, is dat miljoene Amerikaners die erns van die virus ontken en ook nie bereid is om entstof daarteen te ontvang nie.

Gelukkig het Biden as visepresident vir Barack Obama goeie ondervinding opgedoen.

Anders as sy voorganger, besef hy ook die belangrikheid van ’n sterk span kundiges en tegnokrate aan sy sy.

Mag hy ’n nuwe, vars bries wees wat globaal hoop skep.



SO SÊ ANDER

The Washington Post, 20 January 2021

Celebrate, despite everything

Well, we made it. Some 1,461 days after Donald Trump took office as president, he must leave it, having been defeated for reelection last Nov. 3 by Joseph R. Biden Jr., who will be sworn in as the 46th president at noon Wednesday. Many Americans, surveying the damage Mr. Trump did — most spectacularly by inciting mob violence at the Capitol on Jan. 6 — are understandably not inclined to feel anything much more positive than relief. They should not, however, sell this momentous occasion short.

Measured against what could have gone wrong — a Trump reelection, or his outright refusal to surrender office once he lost — Mr. Biden’s impending inauguration is cause for celebration.

This speaks well of American political culture. For our institutions, too, the cup is half-full. Yes, two facts indelibly mar Jan. 20, 2021. First, this is not a peaceful transfer of power, acknowledged and accepted by all. Second, Mr. Trump is boycotting the proceedings, contrary to any of his predecessors since the equally rancorous Andrew Johnson stayed away from Ulysses S. Grant’s 1869 swearing-in.

Stripped to their essentials, however, our constitutional processes gain a certain stark formidability.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!