Bidvest belê miljarde in Ierse firma
Bidvest gaan 'n Ierse maatskappy, Noonan, vir sowat R2,7 miljard koop.
Bidvest koop 100% van die aandele van Noonan van Alchemy Partners en die huidige bestuurspan van Noonan, het die maatskappy Maandag gesê.
Volgens Bidvest is Noonan die markleier in die lewering van geïntegreerde fasiliteitsbestuursdienste. Hy lewer ook bykomstige dienste wat strek van skoonmaak- tot veiligheidsdienste.
Noonan het meer as 13 000 werknemers en is in die hele Brittanje bedrywig.
Bidvest sê die verkryging is deel van sy strategie om sy teenwoordigheid buite Suid-Afrika uit te brei en maatskappye wat in nismarkte bedrywig is, en nie bate-intensief is nie, te koop.
Noonan het 'n ervare bestuurspan, lewer aantreklike en volhoubare opbrengste en het sterk groeivooruitsigte, sê Bidvest.
Sy sakemodel en geografiese teenwoordigheid sal Bidvest se dienste-afdeling aanvul.
Bidvest sal die koopsom betaal deur buitelandse kredietfasiliteite wat hy teen goeie koerse vasgemaak het, sê die maatskappy.
Die bestuurspan het ook dienskontrakte onderteken en bly verbind tot die maatskappy.
Die verwagte effektiewe datum van die transaksie is 31 Augustus, maar die Suid-Afrikaanse Reserwebank moet dit goedkeur.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie