Bidvest deur Fitch afgegradeer
Bidvest deur Fitch afgegradeer

Bidvest deur Fitch afgegradeer

Estelle de Bruyn
Bidvest se langtermynskuldgradering asook sy korttermyngradering is deur Fitch Ratings afgegradeer.

Fitch het die genoteerde nywerheidsgroep se vooruitsig op “stabiel”.

Fitch meen Bidvest se sakeprofielrisiko het verhoog nadat sy voedseldiensafdeling ontknoop en afsonderlik as Bidcorp genoteer is.

Die langtermyn- en korttermyngraderings van Bidvest is na onderskeidelik A+ en F1 afgegradeer.

Bidvest sal voordeel trek uit die duidelike skeiding van verskillende sakebelange en die ontknoping stel die bestuur in staat om duideliker op sy nywerheidsbedrywighede te fokus, sê Fitch. Maar die groep is nou aansienlik minder internasionaal gediversifiseer en is afhanklik van die Suider-Afrikaanse mark.

Fitch meen die oorblywende bedrywighede in Bidvest is meer wisselvallig en geografies minder divers, wat tot ’n swakker sakeprofiel lei.

Hoewel die oorblywende nywerheidsondernemings in Bidvest ’n verskeidenheid bedrywe dek, het Bidvest nou nie meer die teenwig van die defensiewe voedseldienstemark nie.

Fitch glo die groep word deur ekonomiese uitdagings in die gesig gestaar wat sy groeivooruitsigte in die boekjaar tot einde Junie sal raak, want Suid-Afrika ly steeds onder ’n lae groei in BBP. Fitch verwag groei van net 1,3% in 2017 vir Suid-Afrika.

Fitch sê die trae Suid-Afrikaanse groei kan druk plaas op Bidvest se bestuur om verkrygingsgeleenthede in die streek te soek om groei te handhaaf.

Lindsay Ralphs, uitvoerende hoof van Bidvest, het juis verlede jaar gesê die oorblywende groep sal internasionaal na geleenthede soek.

Ralphs het Woensdag volgens Bloomberg gesê die groep kan soveel as $1 miljard leen vir sulke verkrygings. Uitbreiding in Brittanje is ’n moontlikheid. Bidvest besit reeds die Britse onderneming Ontime Automotive.

Ralph is optimisties dat die oorblywende Bidvest steeds ’n leidende en goed gevestigde onderneming in verskillende bedryfsegmente is wat verskillende groei-aandrywers het.

Hy het ook gespog met die groep se hoogs entrepreneuriese en gedesentraliseerde bestuurspanne. Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!