Bidvest in SA wen uit Adcock, Comair
Hanlie Stadler - Die logistiek- en motorhandelfirma Bidvest in Suid-Afrika se wins uit bedrywighede het die afgelope jaar met tot 6% gestyg.
Die maatskappy sê sy basiese verdienste per aandeel vir voortgesette bedrywighede vir sy boekjaar tot einde Junie sal tussen 100% en 110% hoër wees as die R6,93 van 2016.
Die basiese wesensverdienste per aandeel sal met tussen 4% en 6% per aandeel styg. Die wesensverdienste sluit eenmalige uitgawes of ongewone rekenkundige aanpassings uit.
Die groot verskil tussen die twee syfers word toegeskryf aan die styging in die markwaarde van Adcock Ingram en Comair. Bidvest besit ’n belang van 38,4% in Adcock en van 27,2% in Comair.
Bidvest het die afgelope jaar sy voedseldienste-afdeling, Bidcorp, afsonderlik genoteer.
Die groep maak sy jaarsyfers Maandag bekend.
Bidcorp se aandeelprys het die afgelope jaar met byna 25% gestyg.
Bidvest se stigter, Brian Joffe, het verlede jaar ná 28 jaar by die firma afgetree. Hy het sedertdien die leefstylfirma Long4Life genoteer. Dit belê onder meer in skoonheids- en buitelugmaatskappye. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie