Bielie van 'n kobra in Eros gevang

Yandi Du Plessis
'n Twee meter lange subspesie van die Anchieta se kobra is verlede Sondag naby die nuwe uitbreiding van die Paramount-gesondheidsorgsentrum in die Eros-woonbuurt gevang.

Mnr. Sean Naudé, stigter van die Namibia Marshall Rangers, het die oproep ontvang om die slang te verwyder. Terwyl hy op pad was, kon mnr. Clive Bergh dit regkry om die kobra te vang.

Bergh het die regte toerusting gehad en het opleiding by die bekende Namibiese slangkenner en -vanger, mnr. Francois Thiart, ontvang.

Dié slang is 'n subspesie van die Anchieta se kobra, ook bekend as die Angolese kobra, die grootste kobraspesie in Namibië.

Die wêreldrekord is 'n 2,47 m lange Anchieta se kobra wat in 2018 gevang is. Die spesie bereik gewoonlik 'n gemiddelde lengte van tussen 1,3 en 1,8 m. Die spesie is glo baie giftig, maar glad nie aggressief nie.

Die slang sal na 'n veilige plek – weg van mense – verskuif word. Volgens Thiart is dit belangrik dat mense onthou hoe groot die rol is wat slange in die ekosisteem speel, en dat hulle eerder ver­skuif as doodgemaak moet word.


FOTO
Mnr. Clive Bergh kon dit regkry om die kobra te vang. Foto's Verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!