Bielie van ’n slang by Brakwater gevang
Tanja Bause - “Dit is die tweede grootste luislang wat ek nóg gevang het. Sy was 3,8 meter lank en het 34 kilogram geweeg,” het slangvanger, mnr. Francois Theart gesê, nadat hy dié bielie buite Windhoek gevang het.
Theart is na Brakwater uitgeroep waar die slang in ’n rotsskeur weggekruip het.
“Die eienaars van die kleinhoewe wou nie die slang daar hê nie, omdat hulle baie klein hondjies en diere het. Hulle wou egter ook nie dat die slang doodgemaak word nie en het gevra dat ek dit moet verwyder.
“Ek was nogal verbaas oor die grootte van die slang en het vinnig besef my emmer is nie groot genoeg nie!”
Theart het ’n vriend, mnr. Eugene Struwig, gebel om ’n groter houer te bring. Na sowat ’n uur se gesukkel kon hulle daarin slaag om die slang uit die skeur te kry en in die houer te sit.
“Die gewig van die slang was ongelooflik,” het Theart gesê.
Volgens hom is die luislange wat hy gewoonlik rondom Windhoek vang, tussen 1,8 tot 2,5 meter lank.
Die luislang is dieselfde dag buite Windhoek in ’n natuurreservaat vrygelaat. Theart het gister die luislang gaan soek en haar gevind sowat ’n kilometer van die plek waar hy haar vrygelaat het.
“Die redes waarom op die oomblik so baie slange by huise is, is die droogte en die vernietiging van hul habitat. Die slange se prooi beweeg uit die veld na huise waar water en dalk kos is. Die slange volg hul kos.”
Luislange is ’n beskermde spesie in Namibië en mag nie van kant gemaak word nie. Mense wat ’n slang in hul erf of huis vind, kan vir Theart by 081 290 0343 skakel wat dit veilig sal verwyder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie