Bierbrood
Bierbrood

Bierbrood

Jy benodig (vir 1 mediumgroot brood):

· 500 g bruismeel

· ’n hand vol biltongskyfies, grofgekap

· ’n knippie sout

· 1 blikkie (340 ml) bier van jou keuse

Maak dan só:

Smeer ’n platboompot (18 cm in deursnee en 8 cm hoog) goed. Smeer ook die deksel.

Meng die meel, biltong en sout in ’n groot mengbak. Giet die bier by en meng goed.

Skep die deeg in die voorbereide pot en sit die deksel op.

Plaas die pot oor matige kole en skep ook kole bo-op die deksel. Bak 40–45 minute lank tot gaar en goudbruin. Toets met ’n mes of die brood gaar is, keer dan die brood uit en draai dit in ’n doek toe tot dit voorgesit word.

Piet en Frik sê:

Moenie bierbrood in die son laat rys nie!

’n Mens kry twee soorte bakpoeier: enkel-aksie en dubbel-aksie. Die meeste bakpoeiers in die winkels is dubbel-aksie. Bruismeel is net ’n mengsel van koekmeel en bakpoeier.

Dubbel-aksie bakpoeier bestaan uit ’n suur, gewoonlik kremetart, en iets alkalies soos koeksoda. Wanneer jy die twee met vloeistof meng, produseer dit CO2 wat as rysagent dien en jou deeg laat rys. Hoe vinniger jy meng en bak, hoe beter.

Die gis in ’n bier sal meer as 12 uur vat om ’n brood te laat rys, want die bier is hoofsaaklik daar vir geur en gaan niks doen aan die brood se rys-aksie nie.

Bak teen ’n hoë hitte met twee derdes kole op die deksel en een derde onder die pot. As jy bang is dit brand en jy gebruik te min kole, gaan jy ’n frisbee bak, of ’n diskus – lekker vir speel maar nie vir eet nie.

VARIASIES:

· ½ blik (200 g) geroomde soetmielies en gekapte sprietuie

· Gekapte peppadews en geras­perde cheddarkaas

· Gesnipperde gaar spekvleis en ’n gekapte ui

· Gekapte sondroë tamaties

-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!