‘Bierfilosofie’ vier 500 jaar
Namibia Breweries (NBL) en die res van die bierdrinkende wêreld vier tans die 500 jaar-herdenking van die Reinheitsgebot - ’n “broufilosofie” waarvolgens net gemoute gort, hops en water gebruik mag word. Die vieringe het Saterdag begin. Op die foto sny mnr. Wessie van der Westhuizen (links), bestuurder van NBL, en mnr. Sven Thieme, uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver & List-groep ’n koek om dié 500ste verjaardag te vier. Belangstellendes kan op O&L se Facebook-blad gaan kyk vir meer inligting. Foto Francios Olivier
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie