Bietjie nader aan die heelal
Belanghebbendes kan tot einde Februarie klagtes of kommentaar indien oor die oprigting van ’n hipermoderne radioteleskoop op Gamsberg.
Erwin Leuschner – ’n Nuwe, hipermoderne radioteleskoop, bekend as die Africa Millimetre Telescope (AMT), gaan binnekort op die Gamsberg-plato naby die reeds bekende Hess-projek opgerig word.
Die doel hiervan is om swartkolke saam met ander radioteleskope te verken.
Volgens ’n dokument van Resilient Environmental Solutions (RES) oor die nuwe verwikkeling sal Namibië met dié projek aan die spits van astronomie-navorsing wees en heelwat internasionale aandag ontvang.
Dié maatskappy onderneem tans ’n omgewingsimpakstudie vir die projek.
Belanghebbendes kan tot einde Februarie klagtes of kommentaar indien.
Volgens die dokument is die radioteleskoop deel van ’n internasionale navorsingsprojek, waardeur die skaduwees van swartkolke verken of gesien kan word.
“Om só ’n beeld te kan sien, vereis ’n internasionale netwerk van radioteleskope,” lui die dokument.
’n Internasionale netwerk genaamd Horizon Telescope (HET) bestaan reeds. Dit bestaan uit teleskope wat in Suid- en Noord-Amerika, Europa en Antarktika opgerig is. AMT sal ’n voltooiing van die eerste radioteleskoop in Afrika binne hierdie stelsel wees.
Die projek is gebaseer op ’n inisiatief van die Radboud-universiteit in Nederland, in samewerking met die Universiteit van Namibië (Unam) sowel as ander Namibiese en internasionale instellings.
Daar woord beoog om die teleskoop op die 2 347 m-hoë plato van die Gamsberg in die Gamsberg-natuurreservaat, sowat 80 km buite Rehoboth, op te rig.
Nie ver daarvandaan nie is die plaas Göllschau, wat die wêreldbekende Hess-projek (High Energetic Stereoscopic System) huisves.
“Die Gamsberg is weens sy hoogte en sy helder naghemel die ideale plek vir astronomie-navorsing. Dit word tans deur die Internasionale Amateursterrewag (IAS) gebruik,” lui die verklaring.
Die presiese staanplek van die nuwe radioteleskoop op die Gamsberg is nog nie bepaal nie.
Vir die projek word ’n antenna met ’n deursnee van 15 m benodig. Ook voorafvervaardigde geboue en hernieubare energiestelsels, asook ’n pad na die plato word vereis. Die grootste stuk van die teleskoop, wat berg-op geneem moet word, weeg 5,3 ton.
Afgesien daarvan sal die nuwe radioteleskoop baie voordele, veral vir Namibiese navorsers, op die gebied van astronomie inhou.
Moontlike negatiewe aspekte verbonde aan die oprigitng van die teleskoop word ook deur die omgewingsimpakstudie ondersoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie