Bietjie reën bring groot skade
Simataa verduidelik verrotte RSA-mieliemeel
Mieliemeel wat deur die Suid-Afrikaanse regering aan Namibië as droogtehulp geskenk is, het in die stoorkamer van die direktoraat ramp-risikobestuur (DRM) in Prosperita, Windhoek verrot nadat dit natgereën het.
Volgens die kabinetsekretaris, mnr. George Simataa, is 254 sakke van 12,5 kg elk beskadig.
“Die voorval het in Februarie 2016 plaasgevind toe die mieliemeel tydelik in die DRM-stoorkamer in Prosperita geberg is, voordat dit na die streke gestuur is.
“Die oorsaak van die voorval was dat ‘n lekplek in die dak van die stoorkamer, wat op daardie tydstip tot die volle kapasiteit gepak was, nie opgemerk was nie. Selfs al was die sakke netjies opmekaar gepak wat mense in staat gestel het om tussen dit deur te beweeg, is die water nie op die vloer opgemerk nie. Dit is omdat die sakke die naaste aan die dak natgeword en die vog geabsorbeer het, sonder om die vloer nat te maak. Die skade is eers opgemerk toe die sakke op vragmotors gelaai moes word vir aflewering aan die streke,” het Simataa verduidelik.
Ná die verrotte mieliemeel opgemerk is, is die ministerie van werke en vervoer in kennis gestel wat die dak dadelik herstel het.
Die Kabinet is oor die gebeure ingelig. Daar is besluit om die mieliemeel nie onmiddellik te vernietig nie, maar eerder dat vasgestel moet word of die meel nie geskik vir dierekos was nie.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is gekontak, wat die meel getoets het om vas te stel of dit nog geskik vir menslike gebruik is. Dit was egter nie die geval nie en die kantoor van die eerste minister het ‘n private maatskappy genader om die meel te toets en vas te stel of dit geskik vir diere is. Die uitslae het aangedui dat dit ook nie vir diere geskik is nie.
Hierbenewens is Agro Marketing Trade Agency genader vir ‘n derde mening. Daar is bevind dat die meel nie vir menslike gebruik geskik is nie. Dit is steeds besig om die geskiktheid as dierevoeding te toets.
Volgens Simataa bly die sakke meel voorlopig in die DRM-stoorkamer in Prosperita tot die uitslae van al die toetse bekend is. Die Kabinet sal oor die uitslae ingelig word en goedkeuring sal van die tesourie gekry word om, indien die laaste toetse ook negatief is, van die verrotte voorraad ontslae te raak.
Simataa het die versekering gegee dat die regering voortgaan om droogtehulp-mieliemeel aan gemeenskappe wat die swaarste geraak is, landwyd op ‘n deurlopende grondslag te versprei.
Hy het ontken dat 450 sakke mieliemeel van die Suid-Afrikaanse skenking steeds in die stoorkamer is, soos vroeër berig is. Volgens hom is dit net die 254 verrotte sakke meel wat nog daar is.
Toe die eerste keer oor die mieliemeel navraag gedoen is, het ‘n woordvoerder van die kantoor van die eerste minister, Saima Shaanika, nie ontken dat daar inderdaad 450 sakke is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie