BIG kap terug
Die BIG-koalisie sê dit maak wel sin om almal ’n inkomste te gee, “en Geingob weet dit goed”.
Augetto Graig – Die Basiese Inkomstetoelaag (BIG)-koalisie se woordvoerder, mnr. Rinaani Musutua, het Donderdag teruggekap teen stellings deur president Hage Geingob gedurende die onlangse voorstelling van sy Harambee Welvaartsplan Twee (HPP2).
In ’n sterk bewoorde vrystelling sê Musutua ondersteuners van ’n universele inkomstetoelaag vir alle Namibiese burgers is baie teleurgestel deur die president se aandrang dat dit geen sin maak om so ’n toelaag aan almal te gee nie.
By die onlangse HPP2-bekendstelling is aangekondig dat maatskaplike toelae vir gemarginaliseerde gemeenskappe en die voedselbank vir stedelike hongersnoodlyers deur ’n voorwaardelike inkomstetoelaag vervang sal word.
“Geingob was teenwoordig by die voorstelling van die koalisie se Otjivelo BIG loodsprojekinisiatief, om wetenskaplike bewyse in te samel dat BIG lewensvatbaar en bekostigbaar vir Namibië is. Geingob was die eerste persoon om finansiële steun aan die projek te belowe. In 2007 het hy die regering versoek om die BIG toe te pas. Geingob was ook teenwoordig by die Bank of Namibia se maatskaplike beskermingsimposium in 2013, waar professor in ekonomie, Karl Widerquest, die feite en voordele van ’n universele BIG vir Namibië uiteengesit het, en die vele opsies hoe BIG gefinansieer kan word,” sê Musutua.
Vir die afgelope 18 jaar verduidelik die koalisie die konsep van BIG aan die hele nasie, sê hul woordvoerder. “Ná dit alles sou mens verwag Geingob sou as ’n geleerde persoon baie weet van BIG,” sê hy.
Onder die redes hoekom ’n toelaag vir almal beter is, sê Musutua, is omdat geteikende voordele – veral gebaseer op verifiëring van ’n persoon se middele – duurder is, maklik die armstes uitsluit en ook nie werkende kwesbares dek nie. Bestaansboere en informele werknemers word moeilik deur sulke toetse uitgeken en teen hoë koste weens administratiewe probleme, sê hy.
“Dit is kommerwekkend dat dit lyk asof Geingob steeds nie die universele BIG en die positiewe effek op die vermindering van armoede en ongelykheid verstaan nie,” sê hy.
“Dit is bewys klassieke welvaartprogramme wat op toetsing van elke individu se middele steun, is duurder, verkwistend en ondoeltreffend om bedoelde begunstigdes te bereik; net soos met die N$750 noodinkomstetoelaag wat nie al die bedoelde verdienstelike begunstigdes bereik het nie.”
Hy sê die administratiewe vereiste om diegene goed te keur wat vir geteikende toelae kwalifiseer, lei dikwels tot uitsluiting van die armstes wat die minste toegang tot inligting, infrastruktuur en administratiewe dienste het.
Die BIG-oplossing is volgens Musutua bloot om elke landsburger tussen 19 en 59 jaar ouderdom N$500 per maand, per persoon te gee. “Deur die toelaag vir almal te gee, kan mens vir seker weet al die mense wat dit benodig, kry die ondersteuning,” sê hy.
Om die BIG te finansier, stel die koalisie voor inkomstebelasting van veral die rykste Namibiërs moet hiervoor betaal. Die hoë-inkomste verdieners sou so lae-inkomste en werklose Namibiërs subsidieer en tegelykertyd rykdom herversprei én armoede help uitwis, brei hy uit.
“Universele BIG-implementering is ’n kwessie van politieke wil. Dit is nie ’n kwessie van koste of beperkte begrip van die konsep nie. Iemand wat sê hulle verstaan nie die universele BIG-konsep nie, het ander belange óf is tevrede met die bestaande vlakke van armoede en ongelykheid, om die weelderige leefstyl van die rykes, die regerende swart elite en hul makkers te handhaaf,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie