BIG se verrassings van die verlede
Augetto Graig – Die basiese inkomstetoelaag is ’n kwessie wat na aan my hart lê. Dit is nie oor die moontlike reuse-impak wat dit op die lewens van Namibië se kwesbaarste inwoners kan hê nie. Dit is ook nie oor die wonderlike idee dat ek in ’n land kan woon waar elke burger ’n inkomste mag hê nie.
Ook nie die reusegevolge vir ons samelewing wat so ’n onbaatsugtige benader van ons regering op ons kan hê nie. Nee, ek moet bieg, my redes vir my volkome ondersteuning van BIG – soos ons die koalisie hier in Namibië ken – is nie onselfsugtig nie.
Vir my het dit begin met die verstommende vreemdheid oor hoe die idee onder die publiek se aandag gekom het.
In November 2002 toe die ministerie van finansies, uit desperaatheid, ’n groep belastingkenners bymekaarroep, en opdrag gee om uit te vind hoe die belastingpoel verdiep en vergroot kan word, het niemand iets verwag wat die lewe sou vergemaklik nie. Toe hierdie kenners terugkom en sê, “gee vir almal tussen ses en 60 geld,” was dit onverwags, om die minste te sê.
In ’n verslag van Namtax Consortium wat aan die parlement voorgelê is, is die probleem oor die beperkte belastinginkomste van die land uitgewys.
Te veel Namibiërs het toe absoluut niks in enige gegewe maand uitgegee nie, het hulle gesê. Dit was die probleem.
Talle van skaars twee miljoen burgers was nie betrokke in die land se ekonomie nie. Plaaswerkers sou byvoorbeeld met goedere betaal word en op vergeleë plekke daarmee klaarkom. Nie ’n sent is uitgegee, óf ontvang nie.
Belasting hang af hoe geld versprei word. Dit wil sê, as daar geen transaksie plaasvind nie kan geen belasting ingevorder word nie. Daarteenoor is daar meer doeltreffender maniere om belasting in te vorder. Deur persoonlike belasting vorder die staat ’n deel van elke salaris in, en deur BTW word belasting van elke aankoop ingevorder. Dit was die taksmanne se logika.
Met die probleem geïdentifiseer, kon hulle ’n oplossing voorstel.
Gee vir almal net ’n klein hoeveelheid geld. Hulle bestee die geld soos hulle goeddink, en die transaksies wat volg, skep belasting. Eenvoudig.
Met Namibië se finansiële beperkings in gedagte, het die kenners van die begin af gesê dit moet ’n universiële toelaag wees, wat net gedurende kantoorure deur bestaande regeringsamptenare en -kantore uitgedeel kan word.
Die rede is omdat, vir enige toelaag wat beperk is tot sekere burgers, moet in baie gevalle, meer as 50% van die totale koste vir die administrasie betaal. Hulle het gesê tot 90% van die totale begroting sou na die ekonomie vloei as elke burger die toelaag kry. So sou die gesogde menigvuldigende effek van die toelaag op die ekonomie versterk.
Ek was verbaas. Ek sou nooit só iets van Jan Taks verwag het nie. Maar die onverwagte ontwikkelinge het net daar begin en daar geëindig. Die politici het die voorstel verwerp.
Ek was weer eens onkant gevang.
Hoekom, wou ek weet? En ek het gaan vra.
Die drie hoofredes was: Namibiërs is lui en sal ophou werk as hulle verniet geld kry. Namibiërs is alkoholiste en sal die geld net uitsuip. Die derde was dat apartheid se gebeure die gedagte dat almal, insluitend ryk wit mense, verniet geld by die regering kan kry, ondraaglik sou maak.
Nou ja, toe. Blykbaar is dit steeds die heersende siening. Ek slaan my oë na bo, trek my skouers op en gaan voort met my dag, maar ek hou BIG se verwikkelinge dop. Wie weet watter wonders die idee nog mag lewer?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie