Biltongfees laat monde water en voete jeuk!

Augetto Graig
Augetto Graig



Vanjaar se Biltongfees het die afgelope Vrydag en Saterdag honderde biltong- en musiek­liefhebbers na die SKW-sportgronde in die hoofstad gelok.

Die fees is 'n projek van die Nederduits Hervormde kerk in Windhoek.

Afgesien van hope smullekker biltong is feesgangers ook vermaak deur die Mej. Biltongfees-kompetisie en 'n verskeidenheid musiekvertonings deur onder andere die Windpomp-boereorkes, Sanet Lamprecht, Hazeldine Binneman, Werner van Zyl, Adam en Snotkop.

Teaterproduksies soos Lizz Meiring se Geheime Taal en Frank Opperman se Hond was hoogtepunte by die fees.

Boerboelentoesiaste kon aan die South African Boerboel Breeders' Society (SABBS) se nasionale boerboelskou vir 2017 deelneem.

Die pretpark en hope interessante stalletjies was gewild onder oud en jonk.

Daar was iets vir 'n ieder en elk en dié jaarlikse gebeurtenis het voldoen aan sy belofte van 'n opwindende naweek vir die hele gesin, met die bonus van huis toe gaan met sakke vol biltong.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer