Bingo! u2013 maar nie vir casinou2019s
Bingo! u2013 maar nie vir casinou2019s

Bingo! – maar nie vir casino’s

Riana de Lange - Bingo raak al hoe gewilder in Suid-Afrika en vir die volgende vyf jaar word groei in dié segment van die dobbelbedryf voorspel, sê Pietro Calicchio, hoof van PwC se sektor gasvryheid en dobbel.

Die bruto dobbelinkomste uit bingo was in die boekjaar tot einde Maart 36,6% meer as in die vorige jaar. Met ’n inkomste van R1,3 miljard uit die totale bruto dobbelinkomste van R27 miljard, het bingo die vinnigste van alle segmente gegroei, sê hy.

Bingo dra net sowat 5% tot die totale inkomste by, maar sal in die volgende vyf jaar steeds die sterkste groei teen ’n verwagte saamgestelde jaarlikse koers van 11,9%, blyk uit PwC se verslag oor die vooruitsigte vir die dobbelbedryf tot 2021.

Calicchio sê dit is makliker en goedkoper om bingo-geriewe in te rig as groot casino’s en die oorhoofse koste is veel laer. Daar is 9 813 gelisensieerde bingo-geriewe waarvan 6 497 einde Maart in bedryf was. Einde Maart 2016 was daar 6 032 geriewe in Gauteng, Mpumalanga, Noordwes, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Volgens PwC het die algehele dobbelinkomste in die jaar tot einde Maart met net 3,9% toegeneem te midde van uitdagende bedryfstoestande en ’n trae ekonomie. Dit is die swakste styging die afgelope vier jaar.

Casino’s het swaargekry. Dit is steeds vir 66% (2015: 70%) van die dobbelinkomste verantwoordelik, maar die inkomste uit casino’s het met 1,7% tot R17,9 miljard gedaal, die eerste daling sedert 1997.

Onwettige dobbel knou ook inkomste. Die Nasionale Dobbelraad raam dit kos die bruto binnelandse produk jaarliks sowat R1,9 miljard, en meer as 3 700 poste.

PwC voorspel die bruto dobbelinkomste sal teen ’n saamgestelde jaarlikse koers van 5,1% tot R35 miljard teen 2021 toeneem. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!