Binne bietjie meer as u2019n oogwink
Binne bietjie meer as u2019n oogwink

Binne bietjie meer as ’n oogwink

Gerine Hoff
Al ooit gewonder wat kan alles in ’n minuut gebeur?

Hierdie kolom gaan jou waarskynlik bietjie langer as 60 sekondes besig hou, maar tog is daar baie dinge wat wel in ’n minuut gebeur. . . Soos dat daar 250 baba’s wêreldwyd gebore word. Dit klink nie té erg nie, maar maal dit met hoeveel minute daar in ’n dag is en skielik staan dié syfer op 360 000!

Sestig sekondes kan binne ’n oogwink verbygaan terwyl jy deur sosiale media flits, maar as jy ’n migraine het, kan ’n minuut soos ’n ewigheid voel.

Dis juis met tyd in gedagte dat ek nou die dag vir Dr Google vra wat alles in ’n minuut kan gebeur (3,8 miljoen ander mense het in daardie stadium vrae vir Google gehad) en meeste soektogte het om en by dieselfde inligting opgelewer.

Volgens data, teken ’n miljoen mense per minuut by Facebook in, word 4,5 miljoen video’s op YouTube gekyk en word 41,6 miljoen boodskappe via WhatsApp gestuur. Netflix-intekenaars stroom 77 160 uur se video’s, Pinterest-gebruikers “pin” 9 722 foto’s, Twitter-ers stuur meer as 367 000 twiets en Skype-gebruikers maak meer as 110 000 oproepe. Boonop word sewe nuwe berigte by Wikipedia gelaai.

Die soektog het ook gewys dat ’n gemiddelde broodwinner minder as 7 (Namibiese) sent ’n minuut verdien – dit in vergelyking met Oprah se U$523 en Warren Buffet se U$25 694 (volgens businessinsider.com), of Apple se aks meer as U$70 000 aldus Time Magazine. Seker as gevolg van die 51 000 toeps wat Apple-gebruikers elke minuut aflaai. Samsung is nie ver agter nie, met ’n inkomste van bietjie meer as U$54 000 per minuut.

In die tyd wat dit die twee selfoonreuse neem om daardie asemsnakkende hoeveelheid geld te maak, sal jou hart tussen 60 en 100 keer klop (só sê livescience.com), en sal jy jou oë tussen 15 en 20 keer knip. En ongeloofliker, meer as ses miljoen chemiese reaksies vind binne jou liggaam plaas.

Om almal se liggame aan die gang te hou, eet die wêreld se inwoners elke minuut 5,2 miljoen kilogram kos. Ongelukkig gooi ons in daardie selfde tyd amper die helfde van daardie kos weg.

Ongelooflike dinge gebeur ook met die aarde: Elke 60 sekondes word die aarde 360 keer deur weerlig getref; verdamp 960 miljoen ton water van die aarde se oppervlak; smelt 300 000 ton ys in Antarktika; is daar minstens vier aardbewings van 2 of hoër op die Richterskaal; word meer as 2 000 bome afgekap; en verdwyn 0,15 plante- of dierespesies. Dit mag min klink, maar voeg dit bymekaar en skielik is dit 200 plant-en dierespesies (plante, soogdiere, voëls en insekte) wat uitsterf. Gelukkig is daar ook weer nuwe spesies wat ontdek word.

Volgens statistiek trou 116 paartjies elke minute, terwyl 58 skei.

En deur dit alles drink ons elke minuut meer as 45 000 liter wyn – lockdown of te not!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!