Binnelandse sake bespreek tydsverandering-kwessie
Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie voer aan insette oor die voorstelde tydsverandering is van talle staats- en private instellings gevra.
Catherine Sasman - Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie sê hy het alles in sy vermoë gedoen om besprekings oor die Wetsontwerp op Namibiese Tyd te fasiliteer, maar was teleurgestel oor die gebrek aan terugvoering van sleutelministeries en ander regeringsinstellings.
Die ministerie het gister voor die Nasionale Vergadering (NV) se staande komitee oor buitelandse sake, verdediging en veiligheid verskyn om te verduidelik wat gedurende die uitgerekte konsultasieproses gebeur het. Dit volg nadat parlementariërs verdeeld gelaat is oor die toepassing van winter- en somertye in Namibië.
Die permanente sekretaris, mnr. Patrick Nandago, het gesê insette is van sleutelbelanghebbendes gevra. Kommentaar is van 10 ministeries, die 14 streeksgoewerneurs, ander regeringskantore, burgerlike organisasies en die publiek gevra.
Die ministeries sluit in die van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, onderwys, kuns en kultuur, justisie, geslagsgelykheid en kinderwelsyn, gesondheid en maatskaplike dienste, veiligheid en sekuriteit, asook arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping. Insette is ook gevra van die kantoor van die prokureur-generaal (PG) en die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie. Die PG se kantoor het kommentaar gelewer wat insette van die Regsvereniging van Namibië ingesluit het. Verskeie streekshoofde van die polisie het ook hul insette gestuur.
Die res het geswyg ondanks die feit dat dit die kabinet, en dus die ministers, was wat in die eerste plek vir binnelandse sake die mandaat gegee het om wyer besprekings oor die wetsontwerp van stapel te stuur.
“Die verwagting was dat die verantwoordelike ministeries besprekinge sou uitbrei. As dit nie gedoen is nie, was dit omdat iemand iewers nie sy of haar werk gedoen het nie. Die ministerie van binnelandse sake het egter gedoen wat van hom verwag is,” het Nandago gesê. Hy het gesê die verwagting was ook dat streeksgoewerneurs vergaderings sou belê, maar dit was grotendeels ook nie gedoen nie. “Dit is hoe sommige van ons mense besigheid doen,” het Nandago droogweg opgemerk.
Hy het voorts bewerings weerlê dat die ministerie op die nippertjie briewe aan ministeries en regeringskantore gestuur het.
Die ministerie het op 16 September 2015 toestemming van die kabinet gevra om openbare besprekinge oor die tydsverandering te hou nadat hoofsaaklik plaaslike besighede en sportklubs gevra het dat 'n standaardtyd ingestel moet word.
Die kabinet het sy toestemming op 6 Oktober 2015 gegee en in Desember 2015 het die ministerie vir insette gevra. Die spertyd vir hoervoor was in Februarie 2016.
Burgerlike organisasies soos die Namibië Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI), Namibiese Sportkommissie, Namibiese Skolesport-unie, en die Raad van Kerke (CCN) is ook vir hul menings gevra. Nie een van hierdie instellings het gereageer nie. Hoewel die twee universiteite insette gegee het, het hulle nie wetenskaplike standpunte verskaf soos versoek is nie, het Nandago gesê.
Die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) en die Katolieke Kerk het insette gegee. Meer as 3 500 insette is van die publiek ontvang waarvan die oorweldigende meerderheid, meer as 80%, gevra het dat daar met wintertyd weggedoen moet word.
Nandago het gesê die kabinet is behoorlik ingelig oor die reaksies, waarna minister Pendukeni Iivula-Ithana voortgegaan het met samesprekings met die PG, mnr. Sackey Shanghala, oor die opstel van dié nuwe wetsontwerp.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie