Binnelandse sake bring verligting
Denver Kisting – Namibiërs het die afgelope naweek ’n sug van verligting geslaak oor nuus dat hulle voortaan nie meer met hul aankoms in en vertrek uit die land immigrasievorms hoef in te vul nie.
Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie het Vrydag by monde van sy woordvoerder, mnr. Sakeus Kadhikwa, dié aankondiging gemaak.
Ingevolge dié bepaling word daar nie meer van Namibiërs en mense wat oor permanente verblyfregte in die land beskik verwag om die vorms te voltooi nie.
Kadhikwa het gesê die verandering is reeds in die Staatskoerant gepubliseer en tree vandag amptelik in werking.
Hy sê die verandering het ten doel om die ministerie se dienslewering te verbeter en om sakeprosesse by grensposte te vergemaklik.
Sou die elektroniese grensbestuurstelsels egter by tye nie werk nie, sal inwoners steeds die vorms moet invul, het Kadhikwa gesê. “Ons vertrou dat dit die administrasie by aankoms- en vertrekpunte gladder sal laat verloop.”
Die nuus is veral in die sosiale media verwelkom.
Een persoon sê op Republikein se Facebook-blad:”Mors van tyd gewees. Daai vorms is in elke geval in asdrom gegooi,” terwyl ’n ander meen: “Jissie dis darem ’n verligting.”
Nog iemand sê: “Hallelujah! Iemand het iewers wakker geskrik. Og, dis nou goeie nuus.”
Iemand het wel kommer uitgespreek oor die geografiese ligging van die vorms wat die afgelope jare ingesamel is. “Wat het hulle met al die vormpies gemaak? Hoop alles mooi geliasseer sodat al die jarelange insameling van inligting nie verlore gaan nie.”
Kadhikwa het gister by navraag gesê die reëling is nie van toepassing op diegene wat oor domisilie in Namibië beskik nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie