Binnelandse Sake trek, tot Dinsdag gesluit
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit verhuis Vrydag na sy splinternuwe hoofkantore op die hoek van Hosea Kutako-rylaan en Harveystraat in Windhoek-Noord.
Gevolglik sal beide sy kantore in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied gebied en die ou hoofkantoor in die middestad nie vir die publiek oop wees nie.
Dienste sal Dinsdag 1 Februarie by die nuwe gebou hervat.
Let daarop dat die verhuising ook telefoonlyne beïnvloed en dié ministerie sal nie gekontak kan word nie.
Mense wat intussen geboortesertifikate benodig, moet die kraamafdeling van die Windhoek Sentrale hospitaal of die Katutura-staatshospitaal se kraamsaal besoek.
Die Rhino Park privaat hospitaal sal verantwoordelik wees vir die uitreik van doodsertifikate.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie