Binnenshuise nasionale kampioene bekroon
Binnenshuise nasionale kampioene bekroon

Binnenshuise nasionale kampioene bekroon

Nuwe moontlikhede bestaan in die binnenshuise sport wat verlede jaar bekendgestel is.
Die boogskietkomitee van Sportklub Windhoek (SKW) het die afgelope naweek 'n baie suksesvolle nasionale binnenshuise kampioenskap in boogskiet aangebied, in samewerking met Hemco Paints as hoofborg.

Boogskutters vanoor die land het deelgeneem aan die kampioenskap wat vir die tweede jaar gehou is.

In die “barebow” terugbuigboogklas, waar skutters net op die boog en snaar sonder enige stabiliseerder of visier moet staatmaak, het Lutz Wahlers na vore getree as 'n moont­like internasionale vooruitsig vir Namibië. Dié lid van die onlangs gestigte klub op Swakopmund is klaarblyklik hard aan die oefen en spog nou met die nasionale titel.

Een van die bekendste name in Namibiese boogskiet, die gewese wêreldkampioen Francois Marais, het ook die byeenkoms bygewoon as een van talle nuwelinge tot die binnenshuise sport wat verlede jaar in Namibië bekendgestel is.

Laas naweek se voorste uitslae:

Saamgestelde boog, seuns onder 13: goud Wessel du Plessis, silwer Marcel Imhof.

Saamgestelde boog, meisies onder 13: goud Mia Karsten.

Saamgestelde boog, kadet seuns (16-17 jaar): goud Christiaan Delport, silwer Franco van Zyl.

Saamgestelde boog, “cub” seuns (13-15 jaar): goud Manuel de Rebeira, silwer Paul Jordaan, brons Danie Delport.

Saamgestelde boog, junior mans (18-21 jaar): goud JP Viljoen, silwer Cobus Barnard, brons Jaco Becker.

Saamgestelde boog, meesters mans (50 en ouer): goud Moritz Hoff.

“Barebow” terugbuigboog mans: goud Lutz Wahlers.

Terugbuigboog vroue: goud Margot Louw, silwer Nelleke Louw.

Terugbuigboog junior mans: goud Adriaan Grobler, silwer CF Brandt.

Saamgestelde boog, vroue: goud Jacqueline Coetzee, silwer Bianca Karsten, brons Cecilia Brandt.

Saamgestelde boog, mans: goud Louw Nel, silwer Jannie Meuwesen, brons Dirkie de Bod Junior.

• Die volgende binnenshuise boogskietbyeenkoms sal die jaareindskietdag by die SFC-skietbaan op Swakopmund op 21 Desember wees. Alle belangstellendes kan Pieter du Plessis vir meer besonderhede by 081 128 0723 skakel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!