Bio-energie is ‘stille reus’ in groenkrag
Francois Williams – Moderne bio-energie is die geïgnoreerde reus in die groenkragbedryf en verteenwoordig reeds sowat 50% van die wêreld se totale verbruik van hernieubare energie, sê dr. Fatih Birol, uitvoerende direkteur van die Internasionale Energieagentskap (IEA).
Bio-energie (wat die gebruik van biobrandstof soos biodiesel en etanol insluit, asook biogas) sal van nou tot 2023 die vinnigste groei van alle hernieubare energiebronne, volgens die IEA se jongste markvooruitskatting. Dit sal na verwagting 40% verteenwoordig van die internasionale groei in energieverbruik.
Hoewel son- en windkrag se bydrae tot die elektrisiteitsektor steeds sal groei, bly bio-energie die grootste bron van hernieubare energie omdat dit wyd gebruik word in die vervoer- en hittebedryf waar ander bronne van henieubare energie tans ’n veel kleiner rol speel, verduidelik Birol.
Moderne bio-energie lewer ’n groter bydrae tot die totale verbruik van hernieubare energie as wind-, son-, hidrokrag en ander groenkragbronne saam. Daar is groot vooruitsigte vir nog groei met die regte beleid en steun, sê Birol.
Die IEA het hom in sy jongste markvooruitskatting op bio-energie toegespits omdat dit as ’n blindekol beskou word – kwessies wat kritiek is vir energie-evolusie, maar wat minder aandag kry as wat hulle verdien. Dit sluit onder meer ook in die impak wat lugversorging op kragvraag het, of die groeiende impak van petrochemikalieë op internasionale olievraag. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie