Biochar hou belofte vir land
Plaaslike navorsing oor biochar word tans deur verskeie partye gedoen oor die moontlikhede om gewasse se oeste te verbeter.
Elvira Hattingh
Biochar, wat tans internasionaal baie aandag geniet, kan boere help om by klimaatsverandering aan te pas deur die grond se eienskappe te verbeter.
So kan dit gewas-oeste verbeter en boere meer veerkragtig teen droogtes wees.
Dit was die boodskap tydens 'n biochar-inligtingsdag wat onlangs by die Charcoal Village by Otjiwarongo aangebied en wat deur boere van so ver as Kavango-Oosstreek bygewoon is.
Die dag is deur die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) saam met sy sustervereniging die Namibia Biomass industry Group (N-BiG) asook die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) aangebied.
Dit het die steun van die Duitse GIZ se Bush Control and Biomass Utilisation-projek geniet, wat die ontwikkeling van waardekettings uit die volhoubare oes van indringerbos ondersteun.
By die inligtingsdag het boere praktiese inligting oor die nodige stappe vir die produksie en gebruik van biochar ontvang, wat insluit die voorbereiding van die hout, hoe die brand- en blusproses werk, die voorbereiding van die biochar met voedingstowwe en mikro-organismes en hoe dit in die grond ingewerk moet word.
Daar is gewys biochar kan met verskillende tegnologieë en met verskillende grootte stowe gemaak word sodat dit by boere se individuele behoeftes aanpas.
Afgesien daarvan dat biochar met organiese materiaal soos hoender- of beesmis gemeng kan word, het Nust getoon meer innoverende metodes is ook gepas en dit met klei en gips gemeng.
Biochar is 'n vorm van swart koolstof wat soortgelyk, maar ook beslis verskillend van houtskool is, sê die NCA.
“Dit het 'n groot binne-oppervlak, wat dit in staat stel om water, voedingstowwe asook gifstowwe soos 'n spons op te neem.
“Internasionaal word biochar oor die algemeen in beide gewas- en veeboerdery gebruik om die grond, diere se gesondheid, asook die verwydering van koolstof uit die lug te verbeter.
“Plaaslik word dit van fyn- tot mediumgrootte takke van bosse gemaak, wat gewoonlik te grof is om boskos van te maak, maar ook te klein vir houtskool is.
“Biochar word eenmalig in die grond ingewerk en kan vir honderde jare in die grond voorkom, wat beteken dit kan boere help om op kunsmis te bespaar,” het die NCA verduidelik.
Navorsing oor biochar word tans deur onderskeie plaaslike verenigings, asook Nust se Bush-projek gedoen. Die strewe is om vas te stel wat die moontlikhede van biochar is om gewasse se oeste te verbeter, asook om dit in boskos te gebruik.
“Die universiteit is besig om toetsgeriewe op die been te bring waar basiese laboratoriumontleding van biochar vir die publiek gedoen kan word,” sê dr. Ibo Zimmermann, hoofnavorser vir biochar in Nust se Bush-projek.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie