Biodiversiteit nou nu00f3g belangriker
Biodiversiteit nou nu00f3g belangriker

Biodiversiteit nou nóg belangriker

Dié uitdaging moet nie verwaarloos word nie
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Biodiversiteit is die sleutel tot ons bestaan. Volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) het die mens water, suurstof, vrugbare grond, klimaatsbeheer, medisyne en voedsel nodig en is die waarde van ontspanning en geestelike inspirasie ook belangrike komponente vir 'n sinvolle lewe.

Dalk is ons in Suider-Afrika te gewoond aan wat ons het, raak onverskillig en slaan nie ag op rooi ligte wat flikker oor die dít wat biodiversiteit bedreig nie.

By geleentheid het ’n oorsese kollega plaaslik kom jag en aan die einde van die dag kry ek hom starend oor die vlaktes. Op my vraag waarna hy kyk, was sy antwoord: “Ek kyk na die niks” – bedoelende geen mens of gebou in sig nie. Waar hy vandaan kom is sy omgewing visieloos en moet hy ander horisonne soek – dis beklad met die besoedelde lug van fabrieke en die normale gang van die lewe.

Hier plaaslik is ons vinnig besig om dit moeilik te maak om visionêr te dink deur die waas van verstedeliking wat geen respek toon vir biodiversiteit nie. Dié opeis van gewaande regte en die gebrek aan behoorlike begeleiding om mense wat moet vlug uit die platteland na moontlike heenkome in stede, kan die volgende grendeltyd inlui.

Die WEF spreek vervolgens besorgdheid uit oor biodiversiteit en ’n aantal belangrike aspekte verdien oorweging, soos die manier hoe openbare en privaat sektore kan saamwerk om beter uitkomste daar te stel eerder as om te probeer mik na minder slegte uitkomste. Die klem gaan val op netto biodiversiteitsvoordele en nie oor die keer van verval alleen nie.

Meer moet teruggesit word as wat uitgehaal word en dit geld deur die bank vir alle betrokkenes. Meet gerus plaaslike openbare betrokkenheid teen hierdie doelwit en besluit self.

Beleidsbesluite kan ’n vernietigende impak hê op biodiversiteit en die huidige polemiek oor onwettige grondbesetting het as grondslag juis ten doel om grond wat waarde het, daarteen te beskerm. Natuurlik strek die oorsaak verder terug as die huidige, want die stroming van mense na stede is nie net ’n plaaslike probleem nie, maar die feit dat daar nog nie volhoubare oplossings is nie, spreek die leemtes aan. Dit vergelyk met die gate in die gesondheidstelsels toe die pandemie ons getref het. Daar is geen verskoning vir die feit dat interregeringsvlakke nie saamgewerk het nie en nou mekaar blameer vir rou riool wat riviere besoedel.

Een van die uitkomste van die geveg teen die huidige pandemie is om terug te keer na die basiese beginsels wat baie besluite behoort te onderlê. Een daarvan is die herwaardering van oplossings wat die natuur self bied. Herlewingslandbou is een so ’n inisiatief waar die klem val op die herstel van die werklike waarde van grond.

Chemiese ingryping het die werklike waarde van grond byvoorbeeld aangepas en om in simbiose te leef en te werk, het bewese positiewe resultate opgelewer. Dit is veral insiggewend hoe ou waardes nou letterlik afgestof word om die proses van stelselmatige vernietiging, te keer en om te draai. Al hoe meer bewyse kom na vore van die sukses van hierdie pogings. Die vraag is nou of die beleidsraamwerk wat dit moet ondersteun sodanig ontwikkel dat dit kan leiding gee. Dit wil voorkom of beleidmakers nog nie eens in staat is om behoorlike droogtebestuur toe te pas nie.

Covid-19 verg nou baie en regmatige aandag, maar die betrokkenheid daarby moet nie tot gevolg hê dat die biodiversiteitsuitdagings as minder belangrik geag word nie.

Die vordering met die bestuur van die pandemie moet oorgaan tot meer doeltreffende biodiversiteitsbestuur. Dit vorm saam die trappe na ’n beter môre.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!