Biomassa-skou eers weer volgende jaar
Namibië se Biomassa-skou is tot 3–5 Junie 2021 uitgestel.
Standard Bank sal steeds die hoofborg van die drie dae lange geleentheid wees, wat by die Otjiwa Safari Lodge naby Otjiwarongo gehou sal word.
Tydens die skou sal ’n navorsingsimposium (3 Junie), ’n bedryfskonferensie (4 Junie) asook ekspo (5 Junie) vir relevante produkte, dienste en tegnologie aangebied word.
Volgens ’n verklaring wat deur die Biomassa-organiseerders se me. Roelien Coffee uitgereik is, groei belangstelling in Namibië se biomassabedryf vinnig – ook internasionaal.
“Dit is om hierdie rede dat die organiseerders op bogenoemde datums besluit het – sodat uitstallers, maatskappye en borge dienooreenkomstig kan beplan,” het sy gesê.
Vennote van die geleentheid sluit in die Biomass Industry Group (N-BiG), die Namibië Houtskoolvereniging (NCA), die De-bushing Advisory Service (DAS), die Universiteit vir Wetenskap, Kuns en Tegnologie (NUST), die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) se projek vir die beheer en benutting van biomassa, Kickstart Namibia asook Mikel-Jes Music Production.
Die organiseerders het aangedui dat geleenthede vir borgskappe steeds beskikbaar is. Vir meer inligting kan Coffee by [email protected] of 081 124 0081 gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie