Bipolêre versteuring is 'n geestesgesondheidsiektes

Geestesgesondheid is ’n toestand wat nie ligtelik opgeneem moet word nie, en word in verskillende soorte onderverdeel. Danielle Daniëls deel belangrike inligting oor hierdie gemoedstoestand wat baie ondersteuning en begrip verg.

Bipolêre versteuring - ’n manies depressiewe siekte, is ’n gemoedversteuring wat ongewone veranderinge in mense se gemoedstoestand, energie en aktiwiteitsvlakke veroorsaak.

“Hierdie veranderinge in gemoedstoestand beïnvloed die individu se vermoë om daaglikse take uit te voer. Die persoon ervaar afwisselende aanvalle van manie of hipomanie en depressie,” sê dr. Zak Ghela, ’n spesialis-psigiater by West Beach Clinic in Bloubergstrand.

Oorsake van bipolêre versteuring

Studies dui daarop dat die oorsaak hoofsaaklik geneties van aard kan wees.

“Dit kom gewoonlik voor in ’n persoon met ’n familiegeskiedenis van die toestand. ’n Wanbalans in senuoordraers speel ’n sleutelrol in vele gemoedversteurings. Hormonale wanbalanse kan ook bipolêre versteuring aanspoor of veroorsaak.

“Omgewingsfaktore soos mishandeling, stres, verlies van ’n geliefde of enige ander traumatiese gebeurtenis kan bydra of bipolêre versteuring veroorsaak. Middelmisbruik kompliseer dikwels die diagnose en behandeling van bipolêre versteuring. Soveel as 20% van mense wat kla van depressie by hul dokter, ly eintlik aan bipolêre versteuring,” sê dr. Ghela.

Verskillende soorte bipolêre versteuring

Dr. Ghela lys verskeie soorte bipolêre versteuring.

Bipolêre tipe 1 behels tydperke van erge bui-ervarings X van manie tot depressie.Bipolêre tipe 2 is ’n matige vorm van gemoedstoestand, waartydens ligter ervarings van hipomanie afgewissel word met ervarings van ernstige depressie.Siklotimiese versteuring beskryf kort periodes van hipomaniese simptome wat afwissel met kort periodes van depressiewe simptome, wat nie so lank duur as tipes 1 en 2 nie.Gemengde kenmerke verwys na die voorkoms van gelyktydige simptome van maniese, hipomaniese en depressiewe ervarings.Vinnige siklussering is om vier of meer gemoedstoestande te ervaar binne ’n tydperk van 12 maande.Tekens en simptome

Algemene tekens en simptome van bipolêre versteuring sluit in:

Manie:
Verhoogde gemoedstoestand, voel ongewoon gelukkig, optimisties en uiters geïrriteerd
- Onrealistiese, oordrewe siening van jouself
- Slaap baie min maar voel steeds vol energie
- Praat baie vinnig met ander wat nie kan byhou nie
- Polsende gedagtes, spring vinnig van een idee na die volgende
- Hoogs afleibaar en nie in staat om te konsentreer nie
- Verswakte oordeel en impulsiwiteit
- Tree roekeloos op sonder om aan die nagevolge te dink
- Valse beskouings en hallusinasies in ernstige gevalle

Hipomanie:
- Minder ernstige vorm van manie
- Voel eufories, energiek en produktief, maar sal steeds in staat wees om met jou daaglikse lewe voort te gaan, sonder om werklikheidsin te verloor
- Hipomanie kan lei tot slegte besluite wat jou verhoudings, loopbaan en reputasie kan benadeel

Bipolêre depressie:
- Liggeraaktheid, skuldgevoel, buierigheid en rusteloosheid
- Voel hopeloos en leeg
- Uitputting, energieloosheid, veranderinge in eetlus en slaapprobleme
- Selfdoodgedagtes, fisiese en verstandelike agteruitgang (word gewoonlik nie verbeter deur slegs ’n antidepressant te gebruik nie)

Wanneer moet jy ’n dokter raadpleeg?

“Spreek ’n psigiater wanneer simptome van bipolêre versteuring jou daaglikse roetine, verhoudings en werk begin affekteer. In die algemeen is dit die mense naaste aan jou, familie, vriende of kollegas wat hierdie simptome of veranderinge oplet,” sê dr. Ghela.

Diagnosering

Diagnosering van bipolêre versteuring is gebaseer op dit wat aan die behandelende psigiater gesê word.

“Die psigiater is in staat om die verskillende simptome te bepaal en ’n diagnose en behandelingsplan te formuleer. Voordat jy ’n psigiater ontmoet, is dit handig om die simptome wat jy oplet, neer te skryf. Gee aandag aan jou gemoedstoestand, slaappatroon, energievlak, gedagtes, spraak en gedrag.

“Oorweeg dit om jou eggenoot of ’n familielid of vriend saam te bring wat meer bewus kan wees van jou ongewone gedrag en wat jou simptome kan beskryf. Die psigiater kan dalk ’n paar bloedtoetse en urine-dwelmtoetse doen om ander oorsake uit te wys. In gevalle van skielike veranderinge kan ’n breinskandering vereis word om ander neurologiese siektes uit te lig,” verduidelik dr. Ghela.

Behandeling en terapie

Behandeling begin met ’n korrekte diagnose. ’n Kombinasie van geneesmiddels en psigoterapie is die beste pad vorentoe. Daar is ook ’n wye verskeidenheid medikasie beskikbaar.

Die drie hoofklasse is:

Gemoedstabiliseerder
Atipiese antipsigotiese middels
Soms ’n kombinasie van ’n antidepressant tydens ’n depressiewe gemoedservaring
Terapië wat nuttig is en wat blyk om ondersteuning te bied aan bipolêre pasiënte, is:

Kognitiewe gedragsterapie
Groepsterapie
Gesinsterapie - opleiding van gesinslede oor die toestand en terapie is noodsaaklik
Elektrokonvulsiewe terapie word soms vir erge maniese of depressiewe pasiënte gebruik, veral vir individue wat nie op voldoende dosisse medikasie reageer nie.

Wenke hoe om dié versteuring te hanteer

- Beperk stres tot die minimum
- Raak betrokke by jou behandeling
- Monitor jou simptome en buiKommunikeer met mense, moenie jouself isoleer nie
- Ontwikkel ’n aktiewe daaglikse roetine
- Oefen en eet gesondMoenie dwelms en alkohol gebruik nie

Bykomende bron: Die Suid-Afrikaanse depressie-en-angsgroep (Sadag).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!