Birkenstock boul die hart uit United
Wanderers en CCD Tigers het die naweek in albei formate volpunte bygevoeg.
Tielman van Lill
Twee eendagwedstryde (50 boulbeurte per span) in Krieket Namibië se premierliga is Saterdag in Walvisbaai en Windhoek gespeel waar CCD Tigers en Samsung FNB Wanderers maklik hul teenstanders oorrompel het.
In Pionierspark het Trustco United sy wedstryd met sewe paaltjies teen sy aartsvyand Wanderers verloor.
United het die loot gewen, eerste gekolf en 'n makkerige 128 lopies almal uit in 27.3 boulbeurte versamel.
Wanderers was egter gou uit die blokke en het binne 17.3 boulbeurte sy oorwinning met 129/3 bereik.
Vir United slaan Chris Freeman 37 lopies van 18 aflewerings, wat sewe viere en een ses insluit. Tino Chiwara met 36 van 24 (4x4, 2x6) was soos in vorige naweke een van die besoekers se staatmakers.
Net Eben van Wyk (13) en Shaun Fouché (17) kon dubbelsyfers byvoeg teen Wanderers se boulaanslag wat deur 'n vurige Karl Birkenstock gestook is.
Die bestendige en veelsydige Birkenstock, wat as speler van die wedstryd aangewys is, het vyf paaltjies vir 30 lopies in sy sewe boulbeurte laat kantel. Dewald Nell en Bernard Scholtz het onderskeidelik met 2/45 in 5 en 3/22 in 4.3 boulbeurte tot die besoekers se ondergang bygedra.
Met die gasheerspan voor die penne is die aanvangskolwer Danie van Schoor (14 lopies, 14 balle, 1x4) gou agter die paaltjies uitgevang van Nyashadzaishe Nyasha se boulwerk. Maar Niko Davin (34, 28 b, 5x4, 1x6, gevang Eben van Wyk, geboul Nyasha), JP Kotzé (20 van 18 b, 2x6, geboul Lo-han Louwrens), JJ Smit (12*, 20 b, 2x4) en Jan Frylinck (33* van 23 b, 5x4) stoomroller voort vir 'n oortuigende sege.
Slegs Nyasha met twee slagoffers (2/60 in 8 boulbeurte) en Louwrens (1/39 in 4.1) behaal sukses met die bal in die hand.
CCD SUKSESVOL OP WALVIS
By Sparta-veld in Walvisbaai kon die wenlose MR24/7 Welwitschias net 96 almal uit in 27.2 boulbeurte versamel. Tigers se sege met nege paaltjies verskyn binne 16.3 boulbeurte op die telbord nadat die besoekers net drie kolwers nodig gehad het om gemaklik 97/1 te behaal.
Die aanvangspaar van die gasheerspan, Jaco le Roux en Mias Strauss, begin hul kolfbeurt baie versigtig. Le Roux verloor sy paaltjie vir 2 lopies (18 aflewerings), terwyl Strauss 'n stadige 26 van 75 balle (2x4) kry voor hy deur Nicol Loftie-Eaton van Ben Shikongo se boulwerk uitgevang word.
Met die aanvangspaar uit die weg, het sake vinnig vir die Welwitschias versleg. Die kaptein, Michael van Lingen, slaan 'n broodnodige 23 van 18 balle (2x4) voor Norbert Manyande hom skoonboul. Reynard van Zyl (16, 17 b, 1x4, 1x6) is die laaste kuskolwer wat dubbelsyfers kan aanteken en word die slagoffer van Ben Burger toe dié sy paaltjies ontwortel.
Loftie-Eaton het met sy draaiballe 'n waardevolle 4/33 in 9.2 boulbeurte vir Tigers geneem, met steun van Ben Shikongo (2/12 in 4), Albert Mbwembwe (1/10 in 2), Ben Burger (2/5 in 6) en Manyande (1/16 in 3 boulbeurte).
Tydens CCD Tigers se kolfbeurt was die nasionale aanvangskolwer Stephen Baard met 14 lopies (20 b, 1x4) die enigste ongeval. Manyande, wat saam met hom die beurt geopen het, het 49 onoorwonne lopies (63 b, 4x4) geslaan terwyl Joshuan Julius (11*, 16 b) hom enduit geselskap gehouhet.
Shalako Groenewald neem die Welwitschias se enigste paaltjie vir 1/25 in 5.3 boulbeurte.
T20-LIGA
Gister is die twee T20-herontmoetings by dieselfde venues gespeel.
Tigers het dié keer eerste gekolf en 128/4 in sy toegelate 20 boulbeurte op die telbord geplaas. Die kusspan se 101/4 in 20 was opnuut nie genoeg nie en besorg 'n oorwinning met 27 lopies aan Tigers.
Mias Strauss blink uit met 40 lopies van 49 balle vir die kusspan, terwyl Loftie-Eaton 2/10 by sy getuigskrif voeg. Baard (42 van 42 b) en Loftie-Eaton (31 van 33 b) is Tigers se toplopievrate. Vir die kusspan behaal Gerhard Lottering 2/11 in 2 boulbeurte.
• In Pionierspark slaan Wanderers 163/8 in 20 boulbeurte en plaas die besoekers uit die staanspoor onder druk. United antwoord met 'n ondergemiddelde 85/8 in 20 boulbeurte om die botsing met 78 lopies te verloor.
JJ Smit (41 van 28 b, 2x4, 2x6) en Niko Davin (39, 25 b, 5x1, 1x6) is die gasheer se topkolwers. Vir United trek Christiaan Delport (4/20 in 4) die meeste Wanderers-paaltjies plat.
Freeman (23 van 39 b) en Nyasha (27 van 39) is die enigste United-kolwers wat noemenswaardige weerstand teen Wanderers bied. Birkenstock trek opnuut 3/20 in 4 boulbeurte vir die tuisspan plat, gevolg deur Pieter Rossouw (2/9 in 3), Bernard Scholtz (1/9 in 4), JJ Smit (1/15 in 4) en Danie van Schoor (1/5 in 2).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie