‘Bitcoin is rotgif kwadraat,’ sê Buffett
Kriptogeldeenhede het verdoemende woorde van een van die wêreld se rykste mense uitgelok.
Bitcoin is “rotgif kwadraat” en floreer bloot omdat kopers hoop hulle sal ander kopers kry wat bereid is om meer daarvoor te betaal, sê Warren Buffett.
“As jy dit nie verstaan nie, word jy baie meer opgewonde daaroor,” het hy in ’n onderhoud met die televisiekanaal CNBC gesê.
“Mense hou daarvan om te spekuleer, te dobbel.”
Buffett, die voorsitter en uitvoerende hoof van Berkshire Hathaway, vergelyk die vraag na bitcoin met die manie oor tulpbolle in Nederland in die 1600’s. Nes die tulpe destyds is dit die mistiek waarin bitcoin gehul is wat die prys daarvan opstoot, sê hy.
Volgens Buffett is dit baie beter vir beleggers om in aandele te belê, al word dit ook dikwels oorwaardeer.
Charlie Munger, Buffett se langtermynsakevennoot en ondervoorsitter van Berkshire, beskryf bitcoin as “ ’n gek se goud met geen waarde nie”.
“Ek hou nog minder van kriptogeld as jy,” het Munger in hul gesamentlike onderhoud met CNBC gesê.
“Dis vir my nes demensie.”
Die prys van bitcoin was die afgelope paar dae sowat US$10 000, maar dit het Sondag met 6% gedaal en Maandag weer met 2% tot net onder US$9 300 waar dit steeds ronddobber. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie