Bitcoin se prys val tot onder US$6 000
Nadat bitcoin in Desember spreekwoordelik deur die dak geklim het, is die prys van die kriptogeldeenheid skerp aan die daal.
Die kriptogeldeenheid se waarde het Dinsdag tot sy laagste vlak in 12 weke geval en die eerste keer weer onder US$6 000 gaan draai sedert 13 November.
Volgens CoinDesk was die prys vroeg Dinsdagoggend Amerikaanse tyd US$5967, minstens 22% laer as 24 uur tevore.
Die daling kom te midde van kommer oor nuwe regulasies deur banke in Amerika en Brittanje wat die aankoop daarvan met kredietkaarte wil verbied.
Volgens die plaaslike verhandelingsplatform Luno beloop die prys van een bitcoin tans R81 858.
Die geldeenheid, wat in 2017 met meer as 1 300% in waarde toegeneem het, het vanjaar reeds byna die helfte van sy waarde prysgegee soos wat meer banke en regerings aandui dat hulle bitcoin wil begin reguleer.
Bitcoin het laas in 2013 met soveel in een week geval.
“Ons voorspel
die daling sal voortduur, en die volgende tegniese vlak gaan op US$5 000 per munt te staan kom,” sê Miles Eakers, 'n ontleder by Centtrip, 'n onderneming wat spesialiseer in buitelandse valuta, wêreldwye betalings en tesouriebestuur.
Ander digitale geldeenhede het ook nie die week se bloedbad vrygespring nie.
Ethereum, die tweede grootste digitale geldeenheid, het met byna 19% teruggesak terwyl ripple, die derde grootste, met 14% geval het.
Banke verbied kredietkaarttransaksies
Die Britse bank Lloyds het Sondag aangekondig dat hy sy kliënte voortaan verbied om bitcoin met hul kredietkaarte te koop. Dié bank volg in die voetspore van die Amerikaanse bankreuse JPMorgan Chase en Citigroup wat die naweek dieselfde aankondiging gemaak het. Die besluit spruit uit vrese dat leners aanspreeklik gehou gaan word vir groot bedrae skuld, sou die wisselvallige geldeenhede se waarde val.
Daarteenoor het Indië ook Maandag gesê hy beplan stappe om virtuele geldeenhede as deel van sy betaalstelsel te verbied en om die verhandeling in kriptobates te begin reguleer.
“Kriptogeldeenhede is sedert die middel van Desember baie ongewild en 'n magdom negatiewe nuus en spekulasie oor toenemende regulering vererger dit,” sê Craig Erlam, 'n ontleder en makelaar by Oanda.
Die bedryf is ook dikwels in die kollig weens kuberkrakers wat toegang tot gebruikers se kriptogeld verkry en enorme bedrae steel. Meer as US$500 miljoen is net twee weke gelede uit 'n Japannese verhandelingsplatform, Coincheck, gesteel.
Maar almal is nie ewe bekommerd nie. “Bitcoin het al teruggekeer van soortgelyke ineenstortings tydens sy vlugtige bestaan,” sê Dennis de Jong, besturende direkteur van die aanlyn makelaarsfirma UFX.com. “Dit gaan skaars 'n skok wees as diegene wat beweer die borrel het gebars, verras word as die bordjies weer verhang word en bitcoin se waarde weer begin styg.” – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie